Jong buurtwag wen prys vir uitstekende werk

Jong buurtwag wen prys vir uitstekende werk

Deur Marthinus Koekemoer Die AfriForum-buurtwag in Malmesbury is skaars ’n jaar oud, maar het reeds ’n reuseverskil in die plaaslike gemeenskap gemaak. Buurtwaglede se impak is sodanig dat hierdie buurtwag by AfriForum se nasionale kongres wat in Augustus 2024 gehou is, as die suidstreek se buurtwag van die jaar aangewys is. AfriForum se Malmesbury-buurtwag is…

AfriForum se Lichtenburg-tak wen prys vir reuseslaggatherstelprojek

AfriForum se Lichtenburg-tak wen prys vir reuseslaggatherstelprojek

Deur Marthinus Koekemoer Slaggate is ’n algemene verskynsel op Suid-Afrikaanse paaie en dit is dikwels veral kleiner dorpe wat die swaarste onder dié verval deurloop. Ry in die hoofstraat van enige klein dorpie en na alle waarskynlikheid is dié straat deurspek met slaggate. Dít is egter nie in Lichtenburg die geval nie, want hier het…

Herwinning lei tot groot wen vir Centurion-tak

Herwinning lei tot groot wen vir Centurion-tak

Deur Marthinus Koekemoer AfriForum se Centurion-tak het by dié burgerregteorganisasie se nasionale kongres twee toptoekennings ingepalm, naamlik dié van volhoubare projek van die jaar, asook die noordstreek se tak van die jaar. Eersgenoemde is aan die tak toegeken vir hul herwinningsprojek wat in Augustus 2021 van stapel gestuur is. Dié projek het ontstaan na aanleiding…

AfriForum se topbuurtwagte vereer

AfriForum se topbuurtwagte vereer

Deur Ilze Nieuwoudt AfriForum se 177 buurt-, plot- en plaaswagte is waarskynlik een van die beste voorbeelde van gemeenskappe wat sélf inspring, sélf doen en sélf ’n daadwerklike verskil in die veiligheid van hul dorpe, woonbuurte, kleinhoewes en plaasgemeenskappe maak. Nagenoeg 11 000 buurtwaglede werk boonop aktief aan die beveiliging van dorpe vanaf die verre noorde…

Benoni-tak wen pryse, maar dis alles vir die gemeenskap

Benoni-tak wen pryse, maar dis alles vir die gemeenskap

Deur Marthinus Koekemoer AfriForum se Benoni-tak het by die burgerregteorganisasie se driejaarlikse nasionale kongres twee pryse gewen. Dié tak is aangewys as nasionale tak van die jaar en hul buurtwag is aangewys as die noordstreek se buurtwag van die jaar. Gesels met die bestuur van die tak en ’n mens kom gou tot die besef…

‘Ons werk vir ons dorp en gemeenskap’

‘Ons werk vir ons dorp en gemeenskap’

Deur Carina Bester In die hartjie van die Waterberg-distrik lê die pragtige Bosvelddorp Mookgophong (Naboomspruit). Hier weet inwoners hoe belangrik ’n gemeenskap is wat saamstaan en -werk. Die harde, vrywillige werk wat die AfriForum-tak in hierdie dorp verrig het, het gesorg dat hulle tydens AfriForum se driejaarlikse nasionale kongres wat in Augustus gehou is, weggestap…

Die 25 jaar van Kallie

Die 25 jaar van Kallie

Deur Ilze Nieuwoudt Vir sy vrou, Elana, is hy die man met ’n zero-toleransie vir gemiddeldheid, maar ook die een met “eindelose grappies”, geloof, beginsels en die “uitsonderlike vermoë” om elke gesprek aan tafel, in die kar of in hospitaalteaters “so te stuur dat dit altyd strategies oor die Afrikaner en Afrikanervraagstukke gaan”. Kallie Kriel,…

Bela: Los ons skole uit!

Bela: Los ons skole uit!

Deur Ilze Nieuwoudt Woelinge, woede en teenkanting. ’n Gemeenskap wat prontuit verklaar: Los ons skole uit! Dit is dalk wêrelde verwyderd van hoe ’n feesjaar ter viering van Afrikaans se eerste 100 jaar as amptelike taal daarna moes uitsien, maar wanneer hierdie geliefde taal van miljoene bedreig word en Afrikaanse skole se voortbestaan deur wetgewing…

End of content

End of content