Landbouprojekte boer vooruit

Landbouprojekte boer vooruit

AfriForum en die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) se inheemseveldbokprojek is in Mei in die Barolong Boo Seleka-koninkryk by Thaba ’Nchu, oos van Bloemfontein, van stapel gestuur. Hierdie projek is met ’n kudde van 21 Nguni-inheemseveldbokke begin. Met hierdie projek wil bogenoemde organisasies plaaslike kleinboere met die nodige kennis en vaardighede toerus om hul bestaans- en kleinskaalse…

Student tydelik geskors ná hy opstaan vir waarin hy glo

Student tydelik geskors ná hy opstaan vir waarin hy glo

In ’n wêreld waar ideologieë dikwels op jongmense afgedwing word, het AfriForum Jeug besluit om studente te ondersteun deur aan hulle hul stem terug te gee. Daarom het AfriForum Jeug nie geskroom om Shaun Christie, ’n student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, te ondersteun nie nadat hy aan die begin van die jaar sy…

Só maak die AfriForum-aksiespan in Pretoria

Só maak die AfriForum-aksiespan in Pretoria

AfriForum se splinternuwe aksiespan het hul bedrywighede op 15 Mei in die ooste van Pretoria begin. Hierdie span bestaan tans uit vier lede en sal vanuit die AfriForum-hoofkantoor werk vanwaar hulle na gebiede waar probleme geïdentifiseer is, ontplooi kan word. “’n Span wat vanuit hoofkantoor werk is belangrik sodat daar op spoedige diens gefokus kan…

Stel SAOG-tribunaal weer in werking, vra organisasies

Stel SAOG-tribunaal weer in werking, vra organisasies

Ben Freeth (54), uitvoerende direkteur van die Mike Campbell-stigting, het 800 km te perd afgelê as deel van dié stigting en ander organisasies se veldtog vir die herinstelling van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se tribunaal. ’n Memorandum  waarin die betrokke organisasies ’n beroep doen op die herinstelling is na afloop van Freeth se epiese tog aan…

Waterslaai: AfriForum en gemeenskap spring in waar regering faal

Waterslaai: AfriForum en gemeenskap spring in waar regering faal

Terwyl die regering handjies gevou sit in die dreigende waterslaaikrisis, het AfriForum in samewerking met ander organisasies en gemeenskapslede reeds sedert die begin van die jaar ingespring en duisende ton waterslaai uit die Vaalrivier verwyder. Waterslaai (Pistia stratiotes) is ’n uitheemse spesie wat in Suid-Afrika se gunstige weerstoestande floreer. Die hoë vlakke van E. coli en…

Skerpskutskietdag: Gemeenskap en industrie kom byeen oor veiligheid

Skerpskutskietdag: Gemeenskap en industrie kom byeen oor veiligheid

Forum Sekuriteit, AfriForum se privaat veiligheidsmaatskappy, het op 4 Mei ’n skietdag vir die hele gesin aangebied waartydens vuurwapen- en jagfanatici die geleentheid gehad het om verskeie handelsname in die vuurwapenbedryf se wapens uit te toets. Hulle kon ook sien wat die sowat 30 veiligheidsverwante uitstallers hulle bied, na ’n hommeltuigdemonstrasie kyk en bloedingbeheeropleiding, aangebied…

Die Korf en sy besige entrepreneurs binnekort op die kassie

Die Korf en sy besige entrepreneurs binnekort op die kassie

Hooffoto: Noah (9) en Joshua Smith (11), eienaars van die onderneming Bin Brothers. Nes die gedurige gezoem van bye in ’n byekorf, só is die ywerige gewerk van AfriForum se Besigheidsbytjies – oftewel jong entrepreneurs. AfriForum se Besigheidsbytjies-projek, wat in 2019 afgeskop het, is ’n unieke model wat kinders met ’n aanvoeling vir besigheid aanmoedig…

‘Entrepreneurskap bring hoop vir die toekoms’

‘Entrepreneurskap bring hoop vir die toekoms’

Hooffoto: Die drie vroue van Allegaartjie: Didi Serfontein, Linda Gordon (middel) en Thelma Oosthuizen. Allegaartjie. Dít is die woord én naam wat Thelma Oosthuizen se onderneming in Stilbaai perfek beskryf. Dit was ook die woord wat hulle in die HAT gevind het toe sy en haar ma, Linda Gordon, na ’n naam vir die onderneming…

End of content

End of content