Waterplanne wat moet werk

AfriForum bied in die middel van die jaar ’n waterberaad aan. Ons word gereeld gekontak deur lede wat sonder ’n druppel water sit. Ons is moeg vir lui en wanfunksionele staatsamptenare wat ons nie langer kan vertrou nie. As Rand Water nie die druk ook gaan beperk en die toevoer gaan afsny weens rooi rekenings nie is die prentjie nog leliker. Die wateroplossings begin by ons. Ons moet alles doen om water te bespaar. Hier is ’n tienpuntplan:

  • Moenie die water laat loop terwyl jy jou gesig en hande was of tande borsel nie.
  • Stort eerder as om te bad.
  • Maak lekkende krane reg.
  • Versier jou huis met plante (bv. varings) wat van humiditeit hou.
  • Moenie ’n tuinslang gebruik om jou voertuig te was nie. ’n Emmer en sponsie is net so belangrik.
  • Was jou groente in ’n bak en gebruik dit vir die tuin.
  • Was jou skottelgoed in ’n plastiekbak en gebruik die water vir jou tuin.
  • Maak die tuin eerder met ’n gieter nat as ’n tuinslang.
  • Sorg dat ’n deklaag (bv. boombas, blare, papiersnippers, dennenaalde of karton) bo-oor die blombedding kom om verdamping te keer.
  • Lei vroeg of laat nat om verdamping te keer.

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad