Deur Carina Bester │Foto’s: Marthinus Koekemoer
38 dae. Dít is hoeveel dae lank die land se enigste rybewyskaartdrukker van Maart tot Mei 2025 buite werking was.
Hierdie drukker het sedert die 2022/2023-boekjaar vir 129 dae nie gewerk nie, aldus ’n skriftelike antwoord van Barbara Creecy, minister van Vervoer, tydens ’n parlementêre vraag-en-antwoordsessie in Mei 2025. Dit het ook in hierdie sessie aan die lig gekom dat die herstelwerk en instandhouding van die rybewyskaartdrukker vir dieselfde tydperk net meer as R12 miljoen beloop het.
Na beraming was daar teen 23 Junie ’n agterstand van 635 076 rybewyskaarte wat nog gedruk moes word.

AfriForum voer al sedert 2022 ’n stryd oor dié drukker, asook die geldigheidstydperk van rybewyskaarte. Dié kaarte is in Suid-Afrika slegs vir vyf jaar geldig, terwyl die internasionale norm vir die geldigheidstydperk wissel tussen agt en tien jaar. Boonop moes motoriste nog in heelwat gevalle vir ’n tydelike rybewys betaal, terwyl hulle soms maande wag dat hul nuwe rybewys gedruk word.
Creecy het egter in Julie tydens nog ’n parlementêre vraag-en-antwoordsessie te kenne gegee dat motoriste sedert 27 Junie 2025 nie meer die R72 vir ’n tydelike rybewys hoef te betaal wanneer hulle betyds om ’n nuwe rybewys aansoek doen nie. Daar is ook tydens die minister en lede van die uitvoerende raad (LUR) se vergadering besluit om ’n moratorium te plaas op die uitreik van boetes indien ’n motoris se rybewys verval het en die motoris wel bewys kan lewer dat hy sy rybewys hernu het.
Alhoewel hierdie maatreël verhoed dat wetsgehoorsame burgers gestraf word vir die regering se onvermoë om ’n nuwe rybewysdrukker aan te skaf, help dit egter nie om die agterstand uit die weg te ruim nie.
AfriForum het daarom in September 2025 met ’n oplossing vorendag gekom.

’n Funksionerende rybewyskaartdrukker is op die Departement van Vervoer se voorstoep gedemonstreer. AfriForum het sodoende gewys dat daar plaaslike opsies beskikbaar is wat aan al die veiligheidskenmerke van rybewyskaarte voldoen en dat dit nie nodig is om ’n drukker van die buiteland af in te voer nie.
Die proefrybewyskaarte wat AfriForum gedruk en ten toon gestel het is gemaak van polivinielchloried (PVC), soortgelyk aan die bestaande ID-kaarte, en Creecy se gesig pryk daarop.
“Daar is verskeie moontlike drukker- en kaarttipes met verskillende en voldoende sekuriteitskenmerke wat oorweeg kan word vir Suid-Afrika se toekomstige rybewyskaarte. Die departement het duidelik nie die wil om die probleme rakende die druk van rybewyskaarte uit die weg te ruim nie. Dít ten spyte daarvan dat daar verskeie plaaslike diensverskaffers beskikbaar is wat oor die nodige tegnologie beskik om die drukwerk te doen,” sê Louis Boshoff, woordvoerder by AfriForum.
Volgens Boshoff blyk dit asof die regering weens politieke redes verkies om die verkrygingsproses uit te rek ten koste van goeie dienslewering.
Kaartdrukker: ’n Duur en bodemlose put
Luidens Barbara Creecy, minister van Vervoer, se parlementêre terugvoer het herstel en instandhouding aan dié masjien in 2022/2023 nagenoeg R9,3 miljoen beloop, terwyl die koste in 2023/2024 en 2024/2025 op onderskeidelik sowat R1,7 miljoen en net meer as R500 000 te staan gekom het. In die eerste twee en ’n half maande van die 2025/2026-boekjaar het dié koste reeds meer as R600 000 beloop. Dit bring die totale koste vir instandhouding en herstelwerk vir die 38,5 maande vanaf 2022/2023 tot Mei 2025 op ’n allemintige R314 000 per maand te staan.