Oor die volgende vyf jaar gaan AfriForum en die burgemeester van die Tshwane-metroraad die stad rooi verf.
Die gedagte van gemeenskapsfederalisme kom ’n land pad en is nie gister gebore nie.
In wese beteken dit elke mens maak reg en skoon waar hy kan. Selfverantwoordelikheid is die kruks van die saak. Waar selfverantwoordelikheid aanvaar word spring jy self in en neem jy eienaarskap van werk.
Die manne het vandag byeen gekom en ’n gesamentlike fokus onderteken.
Hulle gaan vullis verwyder, grassny, indringerplante verwyder en deur sigbaarheid die veiligheid in ’n gebied op skerp.
Cilliers Brink, burgemeester van die Tshwane-metroraad, het gesê projekte soos die een by die park in Valhalla is gegrond op ’n vennootskap wat tot elkeen se voordeel is. “Hulle het geen gras onder hulle voete laat groei nie en dit gesny!”
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê #OnsSalSelf.
Die plaaslike kundigheid maak dat ons self wil. Ons is min, maar ’n beproefde praktyk wat ons met sukses wêreldwyd kan toepas.