Ons moet leer by ons voorouers se oplossings 2

Ons het so gewoond geraak aan die moderne manier van dink en doen dat dit moeilik is om in te sien dat daar ’n ander manier is hoe ’n mens oor die wêreld kan dink.
Die wêreld – veral die Westerse wêreld – het in beduidende mate gestandaardiseer op moderne idees oor byvoorbeeld die staat, menseregte en die mens as individu. Ons moderne manier van dink en doen sou vir ons voorouers heeltemal vreemd wees. Die regeringsvorm wat ons vandag as demokrasie beskryf is nie dieselfde soort demokrasie waarmee Piet Retief as leier van die Voortrekkers verkies is nie. Dit is in belangrike opsigte die teenoorgestelde as dit wat die Atheners as demokrasie beskou het.
In die lig van AfriForum se verskerpte veldtog vir federalisme – vir desentralisering van politieke gesag – is dit belangrik om die aandag daarop te vestig dat ons moderne, gestandaardiseerde manier van dink nie noodwendig die beste manier van dink is nie. Nou moet ons eerstens uitlig dat die woord “modern” misleidend kan wees, omdat dit as’t ware twee uiteenlopende dinge beteken. Die woord “modern” verwys nie net na tegnologiese vooruitgang en vernuwing nie, maar ook na ’n nuwe ideologiese verwysingsraamwerk. Wanneer ek in hierdie artikel krities oor die moderne manier van dink is, is dit nie kritiek op vooruitgang of vernuwing nie, maar kritiek op die nuwe ideologiese voorskrifte waaraan ons deesdae moet voldoen.
Demokrasie word nou voorgehou as ’n regeringstelsel wat gekenmerk word deur mense van uiteenlopende agtergronde en oortuigings wat saam ’n nuwe, staatlike identiteit aanneem (byvoorbeeld, ons is nie meer Afrikaners nie, maar Suid-Afrikaners). Dit word ook aangebied as ’n regeringsvorm wat gekenmerk word deur sekere regte en vryhede wat aan ons gewaarborg word. In ’n moderne demokrasie het jy byvoorbeeld ’n “reg op menswaardigheid”, wat daarop neerkom dat jy daarop kan aandring dat mense jou op ’n spesifieke manier moet hanteer – en dat jy die staat se instrumente (byvoorbeeld die hof) kan gebruik om dit af te dwing. Vroeër het demokrasie verwys na ’n homogene kulturele gemeenskap (soos die Voortrekkers) wat bymekaarkom om te kies wie uit hulle eie gemeenskap die aangewese persoon is om hulle te lei. Die Atheners van ouds, die vaders van demokrasie, het glad nie die konsep van menseregte geken nie. Vir die Atheners het waardigheid nie beteken dat jy daarop kan aandring dat mense op ’n sekere manier teenoor jou optree nie. ’n Mens se

waardigheid is gemeet aan die waarde wat jy tot jou gemeenskap toevoeg. ’n Waardige mens was een wat bereid was om groot opofferings ter wille van sy gemeenskap te maak. En die mees waardige mens was iemand soos die Spartaanse koning Leonidas, wat bereid was om vir sy mense te sterf. Waardigheid het dus nie beteken dat jy deur die mense rondom jou op ’n manier hanteer moet word wat jou persoonlik laat goed voel nie. Dit was basies die teenoorgestelde.

So ook met vryheid. In ons moderne verwysingsraamwerk word vryheid voorgehou as individuele vryheid, gekenmerk deur menseregte en die idee dat ’n mens vry is as jy kan doen wat ook al jy wil. Of, soos Steven Pinker, die outeur van Enlightenment Now, dit stel, ’n mens is vry as jy vry is om jou lewe te verwoes. Dit is presies die teenoorgestelde as die manier hoe ons voorouers oor vryheid gedink het. Vir ons voorouers was ’n mens nie vry as jy doen wat ook al jy begeer nie. ’n Mens was vry as sy gemeenskap vry was. En as die gemeenskap (of die “volk”) onderdruk word, kon daar nie sprake van individuele vryheid wees nie. Die moderne idee van vryheid is ook strydig met die Bybel se idee van vryheid. Paulus sê byvoorbeeld dat iemand wat swig voor sy sondige begeertes nie ’n vry man is nie, maar ’n slaaf. Ja, vryheid was nog altyd iets wat ’n mens, in

gemeenskap met ander, ’n werklikheid maak wanneer jy daarvoor werk en in die proses bereid is om persoonlike opofferings te maak.

In ons moderne verwysingsraamwerk word vryheid voorgehou as individuele vryheid, gekenmerk deur menseregte en die idee dat ’n mens vry is as jy kan doen wat ook al jy wil.


So kan ons voortgaan. Die moderne idees van gelykheid en geregtigheid bots ook lynreg met die manier hoe ons voorouers gedink het. Vir ons voorouers was gelykheid nie gelyke uitkomste nie, maar wanneer elkeen, op grond van sy unieke persoonlikheid en talente, sy eie plek in die gemeenskap vind. Geregtigheid was ook nie een of ander wapen waarmee mense gestraf is nie; dit was gekenmerk deur harmonie of balans in die gemeenskap – ’n harmonie wat slegs ’n werklikheid word wanneer elke burger van die gemeenskap sy verantwoordelikhede nakom. Om vandag net te sê dat mense verantwoordelikhede het waarvan hulle nie kan ontsnap nie is alreeds genoeg om jou as een of ander vyand van vryheid te bestempel. Dit is sommer bog. Sonder verantwoordelikheid kan daar nie vryheid wees nie.
Deur hierdie goed te sê is my argument nie dat ons alles wat nuut is moet verwerp en alles wat ons voorouers gesê het klakkeloos moet napraat sonder om self eie denke aan die dag te lê nie. Dit is wel dat ons nie moet swig onder die druk om alles wat nie “modern” is te verwerp nie. Dit is ’n teken van ’n verantwoordelike gemeenskap as ons voortdurend by ons voorouers leer sonder om alles onverwyld na te praat, maar ook sonder om alles net te verwerp.
Wanneer ons oor die krisis van die Suid-Afrikaanse bedeling en ook oor die krisis van die moderne wêreld praat, is dit belangrik om soms net weer te gaan vasstel hoe ons voorouers oor sekere dinge gedink het, en om te gaan kyk of hulle nie dalk al lankal antwoorde gehad het vir vandag se probleme nie. Donald Kingsbury het dit goed saamgevat toe hy gesê het dat tradisie ’n stel oplossings is waarvan ons die probleme al vergeet het. Ons mag dalk net vind dat ons moderne probleme juis nou opduik omdat die oplossings wat ons voorouers reeds vir daardie probleme ontwikkel het, juis vandag met die badwater uitgegooi word.

Ons het so gewoond geraak aan die moderne manier van dink en doen dat dit moeilik is om in te sien dat daar ’n ander manier is hoe ’n mens oor die wêreld kan dink.
Die wêreld – veral die Westerse wêreld – het in beduidende mate gestandaardiseer op moderne idees oor byvoorbeeld die staat, menseregte en die mens as individu. Ons moderne manier van dink en doen sou vir ons voorouers heeltemal vreemd wees. Die regeringsvorm wat ons vandag as demokrasie beskryf is nie dieselfde soort demokrasie waarmee Piet Retief as leier van die Voortrekkers verkies is nie. Dit is in belangrike opsigte die teenoorgestelde as dit wat die Atheners as demokrasie beskou het.
In die lig van AfriForum se verskerpte veldtog vir federalisme – vir desentralisering van politieke gesag – is dit belangrik om die aandag daarop te vestig dat ons moderne, gestandaardiseerde manier van dink nie noodwendig die beste manier van dink is nie. Nou moet ons eerstens uitlig dat die woord “modern” misleidend kan wees, omdat dit as’t ware twee uiteenlopende dinge beteken. Die woord “modern” verwys nie net na tegnologiese vooruitgang en vernuwing nie, maar ook na ’n nuwe ideologiese verwysingsraamwerk. Wanneer ek in hierdie artikel krities oor die moderne manier van dink is, is dit nie kritiek op vooruitgang of vernuwing nie, maar kritiek op die nuwe ideologiese voorskrifte waaraan ons deesdae moet voldoen.
Demokrasie word nou voorgehou as ’n regeringstelsel wat gekenmerk word deur mense van uiteenlopende agtergronde en oortuigings wat saam ’n nuwe, staatlike identiteit aanneem (byvoorbeeld, ons is nie meer Afrikaners nie, maar Suid-Afrikaners). Dit word ook aangebied as ’n regeringsvorm wat gekenmerk word deur sekere regte en vryhede wat aan ons gewaarborg word. In ’n moderne demokrasie het jy byvoorbeeld ’n “reg op menswaardigheid”, wat daarop neerkom dat jy daarop kan aandring dat mense jou op ’n spesifieke manier moet hanteer – en dat jy die staat se instrumente (byvoorbeeld die hof) kan gebruik om dit af te dwing. Vroeër het demokrasie verwys na ’n homogene kulturele gemeenskap (soos die Voortrekkers) wat bymekaarkom om te kies wie uit hulle eie gemeenskap die aangewese persoon is om hulle te lei. Die Atheners van ouds, die vaders van demokrasie, het glad nie die konsep van menseregte geken nie. Vir die Atheners het waardigheid nie beteken dat jy daarop kan aandring dat mense op ’n sekere manier teenoor jou optree nie. ’n Mens se waardigheid is gemeet aan die waarde wat jy tot jou gemeenskap toevoeg. ’n Waardige mens was een wat bereid was om groot opofferings ter wille van sy gemeenskap te maak. En die mees waardige mens was iemand soos die Spartaanse koning Leonidas, wat bereid was om vir sy mense te sterf. Waardigheid het dus nie beteken dat jy deur die mense rondom jou op ’n manier hanteer moet word wat jou persoonlik laat goed voel nie. Dit was basies die teenoorgestelde.

So ook met vryheid. In ons moderne verwysingsraamwerk word vryheid voorgehou as individuele vryheid, gekenmerk deur menseregte en die idee dat ’n mens vry is as jy kan doen wat ook al jy wil. Of, soos Steven Pinker, die outeur van Enlightenment Now, dit stel, ’n mens is vry as jy vry is om jou lewe te verwoes. Dit is presies die teenoorgestelde as die manier hoe ons voorouers oor vryheid gedink het. Vir ons voorouers was ’n mens nie vry as jy doen wat ook al jy begeer nie. ’n Mens was vry as sy gemeenskap vry was. En as die gemeenskap (of die “volk”) onderdruk word, kon daar nie sprake van individuele vryheid wees nie. Die moderne idee van vryheid is ook strydig met die Bybel se idee van vryheid. Paulus sê byvoorbeeld dat iemand wat swig voor sy sondige begeertes nie ’n vry man is nie, maar ’n slaaf. Ja, vryheid was nog altyd iets wat ’n mens, in gemeenskap met ander, ’n werklikheid maak wanneer jy daarvoor werk en in die proses bereid is om persoonlike opofferings te maak.

In ons moderne verwysingsraamwerk word vryheid voorgehou as individuele vryheid, gekenmerk deur menseregte en die idee dat ’n mens vry is as jy kan doen wat ook al jy wil.

So kan ons voortgaan. Die moderne idees van gelykheid en geregtigheid bots ook lynreg met die manier hoe ons voorouers gedink het. Vir ons voorouers was gelykheid nie gelyke uitkomste nie, maar wanneer elkeen, op grond van sy unieke persoonlikheid en talente, sy eie plek in die gemeenskap vind. Geregtigheid was ook nie een of ander wapen waarmee mense gestraf is nie; dit was gekenmerk deur harmonie of balans in die gemeenskap – ’n harmonie wat slegs ’n werklikheid word wanneer elke burger van die gemeenskap sy verantwoordelikhede nakom. Om vandag net te sê dat mense verantwoordelikhede het waarvan hulle nie kan ontsnap nie is alreeds genoeg om jou as een of ander vyand van vryheid te bestempel. Dit is sommer bog. Sonder verantwoordelikheid kan daar nie vryheid wees nie.
Deur hierdie goed te sê is my argument nie dat ons alles wat nuut is moet verwerp en alles wat ons voorouers gesê het klakkeloos moet napraat sonder om self eie denke aan die dag te lê nie. Dit is wel dat ons nie moet swig onder die druk om alles wat nie “modern” is te verwerp nie. Dit is ’n teken van ’n verantwoordelike gemeenskap as ons voortdurend by ons voorouers leer sonder om alles onverwyld na te praat, maar ook sonder om alles net te verwerp.
Wanneer ons oor die krisis van die Suid-Afrikaanse bedeling en ook oor die krisis van die moderne wêreld praat, is dit belangrik om soms net weer te gaan vasstel hoe ons voorouers oor sekere dinge gedink het, en om te gaan kyk of hulle nie dalk al lankal antwoorde gehad het vir vandag se probleme nie. Donald Kingsbury het dit goed saamgevat toe hy gesê het dat tradisie ’n stel oplossings is waarvan ons die probleme al vergeet het. Ons mag dalk net vind dat ons moderne probleme juis nou opduik omdat die oplossings wat ons voorouers reeds vir daardie probleme ontwikkel het, juis vandag met die badwater uitgegooi word.


Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad