Deur Marthinus Koekemoer │Foto: Verskaf
AfriForum het op 10 Oktober in ’n amptelike voorlegging aan die Khampepe-kommissie versoek dat ondersoek ingestel word na politieke inmenging wat dalk aanleiding daartoe gegee het dat senior ANC-leiers wat nie amnestie vir hul terreurdade tydens die apartheidsera ontvang het nie, nie vir hul dade vervolg is nie.

Dié kommissie is op die been gebring ná veral families van die Cradock-4 meer begin druk het vir antwoorde oor die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) se traagheid om misdade wat hulle geïdentifiseer het, verder te ondersoek en vervolging te begin. Die Cradock-4 was ’n groep anti-apartheidsaktiviste wat na bewering in Junie 1985 deur die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie doodgemaak is.
Volgens AfriForum verdien die families van die slagoffers van die ANC se landmyn- en bomaanvalle op burgerlikes soos die Van Eck-familie en ander, nes die Cradock-4 se families, ook antwoorde. Hierdie antwoorde sluit in hoekom geen ANC-leier vir hierdie misdade vervolg is nie.
AfriForum het Dirk van Eck reeds sedert 2007 ondersteun om geregtigheid vir die moord op sy vrou, Kobie, en twee kinders, Nasie (2) en Nelmari (8), te kry. Hulle is in Desember 1985 in ’n ANC-landmynaanval vermoor. Van Eck en sy 18 maande oue baba is ook in die ontploffing beseer. Drie ander burgerlikes – Marie de Nysschen en haar twee kinders, Kobus (3) en Carla (9) – is ook in die aanval dood. Die oorledenes het agter op ’n bakkie gestaan om wild te besigtig. Die ontploffing was só geweldig dat Nasie se oorskot nooit gevind is nie.
Die ANC het ’n dag ná die ontploffing as deel van hul Operasie Cetshwayo verantwoordelikheid vir die aanval geneem. Die WVK het die ANC aan growwe menseregteskendings skuldig bevind, maar senior ANC-leiers is nooit vervolg nie. Dieselfde senior leierskap het selfs in 1985 tydens ’n vergadering by Kabwe in Zambië terreurdade op burgerlikes, soos die landmynaanvalle, goedgekeur.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Van Eck en AfriForum destyds al gevra dat die boek op die verlede gesluit word om sodoende versoening te bevorder, maar dat as vervolgings sou plaasvind, dit nie eensydig aangepak kan word nie en ANC-leiers wat nie amnestie ontvang het nie ook op die lys vir vervolgings moet wees.
“Die Nasionale Vervolgingsgesag het onlangs begin om eensydig lede van die voormalige veiligheidsmagte vir verskeie misdade te vervolg, maar weier steeds om politieke redes om ook ANC-leiers se wandade te ondersoek. Daarom vra AfriForum opnuut dat die boek van die verlede gesluit word, maar dat as dit nie gebeur nie, die ANC-leiers wat nie amnestie ontvang het nie ook ondersoek sal word ter wille van gelykheid voor die reg,” sê Kriel.
Adv. Paul Fick SC het tydens ’n onlangse gesprek met Kriel bevestig dat hy opdrag van adv. Bulelani Ngcuka, destydse nasionale direkteur van Openbare Vervolging, ontvang het om nie verdere ondersoek in te stel na ANC-leiers se betrokkenheid by hierdie terreurdade nie. Adv. Vusi Pikoli, voormalige direkteur van Openbare Vervolging, het ook in ’n eedsverklaring ter ondersteuning van die families van anti-apartheidsaktiviste se saak, aangedui dat daar politieke inmenging was om nie sake wat deur die WVK vir verdere ondersoek en vervolging na die NVG verwys is, te vervolg nie. Dit sluit sake teen ANC-leiers in.
<Fotobyskrif>
Dirk van Eck by foto’s van sy vermoorde vrou, Kobie, en twee van hul kinders wat vermoor is, Nasie (2) en Nelmari (8).