“Ver in die wêreld, Afrikaans”
Die ou kinderliedjie “Ver in die wêreld, Kittie” kom sommer onwillekeurig by ’n mens op wanneer die gesprek gevoer word oor Afrikaners wat nou al in hul duisende verstrooid oor die wêreld heen woon. Vervang jy die woord “Kittie” met “Afrikaans”, kry die lirieke ’n heel ander, maar tog gepaste betekenis wat so wil-wil lyk…