Kabeldiefstal: SA se stille ekonomiese sabotasie
Foto’s: SAPD en verskaf Kabeldiefstal, ’n omvangryke misdaad wat in elke uithoek van die land voorkom, kos die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks miljarde rande. Hoewel sommige kabeldiewe bloot opportunisties te werk gaan, word die meerderheid van kabeldiefstal deur georganiseerde sindikate uitgevoer. Carina Bester stel ondersoek in na dié stille vorm van ekonomiese sabotasie wat die land…

