Asemrowende staproetes word in nuwe AfriForumTV-reeks verken

Deur Carina Bester

AfriForumTV spog met heelwat oorspronklik vervaardigde reekse en flieks. Een daarvan is die nuwe agt-episode-avontuur van vier ywerige stappers wat staproetes in al nege provinsies verken.

In Nomades stap die aanbieders Anré Bouguenon, wat al in Binnelanders te sien was, Elrich Yssel, Luan Louw en Wayne Young ongeveer 250 km op die onderskeie staproetes. Hulle verken onder meer die Klipspringerroete in die Noord-Kaap, die Tugelawatervalroete in KwaZulu-Natal, die Elangeniroete buite Waterval-Boven in Mpumalanga, asook die Kaap die Goeie Hooproete in die Wes-Kaap.

Die aanbieders van Nomades: Wayne Young (voor), Luan Lauw, Anré Bouguenon en Elrich Yssel.

“Die Luiperdslenterstaproete in die Baviaanskloof waartydens ons 64 km in vier dae afgelê het, was vir my ontsettend mooi. Die weer het ook saamgespeel en ’n mens stap tussen die proteas. Die verblyf was ook baie mooi,” sê Bouguenon.

Vir Louw hou die Klipspringerroete in die Augrabies Nasionale Park se uitkykpunt baie kosbare herinneringe in. “Dit is ook een van die land se mooiste natuurlandskappe. Ons het op die eerste dag sowat 14 km gestap, op die tweede dag byna 10 km en dan op dag drie het ons die laaste 11 km voltooi. Dag twee was veral uitdagend omdat daar nie ’n lekker paadjie langs die rivier is nie en dit ongelooflik warm was.”

Anré Bouguenon

Dit is ook op dié roete waar een van die stappers so byna op ’n slang getrap het.

“Ek kan verkeerd wees, maar ek vermoed dit was ’n swartspoegkobra. Die slang was so ’n meter van my af en ek kon gelukkig vir Bouguenon waarsku sodat sy nie op die slang trap nie,” sê Young.

Om te stap en in die natuur te wees lê die aanbieders na aan die hart. Dit is waar hulle asemskep, met hul Skepper praat en sommer net weer hul batterye herlaai.

“As die lewe partykeer ’n bietjie taai raak, sonder jy jouself af – ek, tesame met my medestappers – kom weg uit die stad waar daar dikwels nie sein is nie. Jy sny jouself af en dit is net jy en die natuur. Dit is ook ’n geestelike uitdaging. Ek stap, want dit is kos vir die siel en natuurlik ook goeie oefening,” sê Bouguenon verder.

Vir elkeen het ’n roete gesorg vir uiteenlopende uitdagings. Of dit nou die vreeslike hitte was, siekte of die lang op- en afdraandes – dié span het alles beleef. Hulle het ook die Tugelawatervalroete wat in die Drakensberge geleë is in die winterkoue afgelê met ligte sneeu wat op die pieke van die berge gelê het. Hier het die ervare toergids Patrick Richardson die staptog saam met hulle aangedurf. Richardson is ’n gekwalifiseerde gids wat in bergklim en stap spesialiseer en hy het al meer as 400 nagte oor vyf jaar in die Drakensberge deurgebring.

Vir Lauw, wat hoogtevrees het, was die yslike lange leer waarteen hulle op dié roete moes uitklim een van die goed wat hom die bangste in sy lewe gemaak het.

Hulle het ook twee dagstaproetes aangepak, naamlik die Klipkraalroete in Gauteng en die B’sorahroete in Noordwes. Die Nomades-span beveel dié staproetes aan vir beginners en gesinne – veral as ’n mens op soek is na ’n vinnige wegbreek uit die stad. Die aanbieders beveel ook die Cannibalroete net buite Clarens aan, wat die hele gesin saam kan aanpak. Hier stap ’n mens altesaam 16 km oor twee dae in die pragtige Oos-Vrystaat en jy oornag ook in ’n grot.

Die stappers is dit eens dat die beste raad vir moeë voete aan die einde van ’n dag is om jou skoene uit te trek en om voete in die lug te sit. Die items wat hulle saamvat tydens ’n staptog is onder meer droëwors en jellielekkers, terwyl Bouguenon ook daarvan hou om ryskoekies met driehoekkasies op ’n plek met ’n uitsig te eet.

Hierdie is een van die mooi uitsigte op die Klipspringerstaproete.

Goeie koffie, ’n hidrasiesakkie vir water, betroubare, gemaklike skoene, ’n kopliggie en natuurlik toiletpapier is van die items waarsonder hierdie stappers nie sommer ’n staproete sal aandurf nie.

Young se raad vir beginnerstappers is om net te begin. “Begin met wat jy het. Moenie al die duur toerusting en dies meer koop nie. Dis glad nie nodig nie. Jy kan baie goedkoop wegkom.”

So of jy nou ’n ywerige stapper is op soek na die volgende avontuur, ’n aspirantstapper of ’n natuurliefhebber, Nomades is die reeks vir jóú. Kyk dit gratis by www.afriforumtv.co.za.

Die Nomades-aanbieders het tydens die Tugelawatervalstaproete in die Drakensberge ysige weer trotseer vir van die mooiste natuurtonele. Van links is Wayne Young, Anré Bouguenon, hul gids Patrick Richardson, Elrich Yssel, Luan Lauw en Nuhan Yssel.

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Nomades_Wes-Kaap-83