AfriForum Sakenetwerk is ’n databasis van ondernemings wat deur AfriForum-lede besit of bestuur word en ondernemings wat nie noodwendig daarop geregistreer is nie, maar hul diens in Afrikaans kan lewer. Dié unieke netwerk spog ook sedert 2025 met plaaslike netwerke in 12 streke, naamlik Bloemfontein, Durbanville, Grensrivier (Hessekwa), Helderbergkom, Kempton Park, Mosselbaai/Eden-distrik, Oudtshoorn, Paarl, Potchefstroom, Pretoria, Stellenbosch en Worcester.Lede van dié plaaslike netwerke kry toegang tot werkswinkels oor finansies, belasting, operasionele sake, administrasie en bemarking, wat teen ’n minimale koste deur Akademia aangebied word, asook maandelikse netwerkgeleenthede.
In dié artikelreeks ontmoet Forum Tydskrif van die AfriForum Sakenetwerk-lede, vind meer uit oor hul ondernemings en kom meer te wete oor hul suksesverhale. Zel-Mari Gelderblom klop hierdie keer aan by Chanel Vogl van Centurion, Mirna Butler van Bloemfontein en Azaan van Eeden van Bellville in Kaapstad.
Chanel Vogl van Ovo Protein

Chanel Vogl se reis na entrepreneurskap het begin met ’n persoonlike uitdaging, ’n passie vir gesonde eetgewoontes en ’n diepe omgee vir mense. Sy het ’n behoefte in die mark raakgesien: ’n volhoubare, gesonde alternatief vir eierwit wat mense kon help om hul gesondheidsdoelwitte te bereik.
Dit het in 2020 begin toe Vogl ’n somergesondheidsuitdaging saam met ’n groep vroue aangepak het. Een van hul etes het ’n omelet met een eiergeel en twee eierwitte behels. Die idee om ’n eiergeel te mors was vir hulle almal ’n probleem en Vogl kon nie vrede maak met die vermorsing nie.
Sy het probeer om vloeibare eierwit aan te koop, te vries en dan aan vriende in Kuruman te koerier. Maar dit het nie gewerk nie. Die produk was onprakties en het te vinnig sleg geword. Dit was duidelik dat ’n nuwe oplossing nodig was.
So is die idee van Ovo gebore – vernoem na die Portugese woord vir eier. Maar om die perfekte produk te vind was egter nie eenvoudig nie. Vogl het ongeveer 20 verskillende produkte getoets in haar soeke na een sonder bymiddels wat steeds sy hoë proteïenwaarde behou. Sy het haar kredietkaart tot die uiterste gerek om haar eerste 25 kg-boks eieralbumien aan te koop.
Die pad vorentoe was nie sonder struikelblokke nie. Vogl het haar produk aan ’n bekende in die liggaamsbougemeenskap voorgestel. Hoewel hy aanvanklik opgewonde was, het sy negatiewe kommentaar haar selfvertroue geknou. Sy het geglo die produk sou oornag sukses behaal, maar dit was nie die geval nie.
’n Deurbraak het gekom toe ’n vriendin haar aan ’n Mopani Apteek-kliënt bekendgestel het. Kort daarna het Mopani hul eerste bestelling geplaas. Ovo was nou op die rakke én aanlyn beskikbaar. Dit was die oomblik toe Vogl besef het dat hierdie droom van haar ’n werklikheid kan word.
Vandag isOvo Protein ’n gesondheidsonderneming wat spesialiseer in eierwitpoeier van ’n hoë gehalte. Dit is ’n suiwer, vetvrye produk sonder bymiddels – ideaal vir mense wat ’n skoon proteïenbron soek.
Teen die einde van 2022 het Vogl besluit om haar voltyds op Ovo toe te spits en die onderneming na die volgende vlak te neem. Sy het van die Laeveld na Centurion verhuis, die handelsmerk herontwerp en ’n groter mark begin teiken. Die volgende stap is om Ovo Protein ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika te maak.
Vogl se entrepreneursreis het haar geleer om aanpasbaar en veerkragtig te wees. Sy het deur uitdagings gedruk, lesse geleer en haar visie behou. Sy weet nou dat sy, haar onderneming en haar droom uniek is. En dit is wat Ovo Protein laat uitstaan.
Mirna Butler van Mirna Butler Recruitment

Toe Mirna Butler in 2015 ná baie jare se diens by ’n bekende bank afgelê is, was dit nie net die einde van ’n hoofstuk nie, dit was die begin van haar eie storie. Sy en haar gesin was nie bereid om Johannesburg toe te verhuis nie en só is die besluit geneem om haar ervaring en vaardighede te gebruik om haar eie onderneming te begin. Dié besluit, geneem in ’n tyd van onsekerheid, het gelei tot die ontstaan van Mirna Butler Recruitment, ’n werwingsagentskap gesetel in Bloemfontein.
Sy het haar toe reeds sedert 1995 in die werkswêreld bevind – en met jarelange ervaring in werwing was die rigting waarin sy moes beweeg duidelik. Werwing was nie net wat sy geken het nie, dit was ook haar passie.
Aanvanklik was die pad steil. Sy moes alles self hanteer: van administrasie en kliëntediens tot bemarking en die werwingsproses. Vandag is Mirna Butler Recruitment ’n gevestigde onderneming wat fokus op permanente en kontrakaanstellings oor die hele Suid-Afrika heen. Boonop bied hulle waardevolle dienste soos persoonlikheidsassesserings, agtergrondverifikasies en arbeidsonderskraging.
Die oorgang van ’n eenvrou-onderneming na ’n volwaardige span was nie sonder uitdagings nie. Om te leer vertrou en verantwoordelikhede af te staan en steeds hoë standaarde te handhaaf was deel van haar groei. Sy het begin spesialiseer binne haar span, nuwe dienste bygevoeg en aktief bemark deur netwerkorganisasies.
Maar sy het ook foute gemaak – soos om te lank alles self te probeer doen. Vandag weet sy vertroue in ander is nie ’n swakheid nie, dit is ’n vorm van wysheid. Sy hanteer risiko met deeglike beplanning, eerlike kommunikasie en die ondersteuning van ’n span kundiges.
Haar raad aan aspirant-entrepreneurs is eerlik: Dit is ’n eensame pad aan die begin, maar met die regte mense aan jou tafel en ’n stewige ondersteuningsnetwerk is dit moontlik. Die beste raad wat sy self gekry het? Dit is die “enkellopies” wat die telling maak – klein, volgehoue aksies wat tot groot resultate lei.
Azaan van Eeden van Van Eeden Tax

Toe haar seun gebore is, het Azaan van Eeden, eienaar van Van Eeden Tax in Kaapstad en voorsitter van AfriForum se Durbanville-sakenetwerk, geweet sy wil soveel moontlik tyd saam met haar kinders deurbring. Die gedagte aan ’n onderneming wat haar nie net finansiële sekerheid sou bied nie, maar ook die vryheid om haar gesin eerste te stel, het begin posvat.
Sy was nog altyd lief vir syfers en met haar kwalifikasie was dit ’n natuurlike keuse om haar in rekeningkunde en belasting te vestig. Maar soos met enige nuwe onderneming was daar struikelblokke. Dit was moeilik om ’n kliëntebasis op te bou en die regte stelsels te vind wat vir haar werk. Deur baie navorsing, vra vir hulp en mondelinge bemarking het sy stadig maar seker ’n stewige fondament gebou.
Van Eeden Tax het oorspronklik net belastingdienste vir individue gebied. Vandag bied die onderneming ’n verskeidenheid dienste – van salarisstrokies tot finansiële state en boekhouding. Dié goeie groei was die gevolg van slim strategiese besluite en ’n aanvoeling vir markbehoeftes.
Van Eeden beklemtoon dat sy geleer het om haar integriteit bo geld te stel en om eenvoudig nie moeilike kliënte aan te neem nie. Sy moes ook leer dat nie almal hul rekeninge betaal soos beloof nie – vandaar die nuwe beleid van deposito’s op groot fakture.
Die pad van ’n entrepreneur is nie maklik nie, maar haar raad aan aspirant-entrepreneurs is kragtig – glo in jouself, volg jou drome en omring jouself met mense wat jou groei ondersteun.
“Die beste raad wat ek ooit gekry het is eenvoudig: glo in jouself en jou diens. Fokus op kliënte wat saam met jou groei en moenie jou tyd mors op dié wat jou terughou nie,” sluit sy af.
AfriForum Sakenetwerk: Waar Afrikaanse sakelui ontmoet
Sluit vandag nog by AfriForum se landwye sakenetwerk aan: Besoek www.afriforumsakenetwerk.co.za vir meer inligting.