Afrikaans beklink oorwinning in die Noord-Kaap

Deur Alana Bailey | Foto: GovernmentZA, flickr

Noord-Kapenaars wie se eerste taal nie Engels is nie, was behoorlik warm onder die kraag toe genl.maj. Luntu Ngubelanga, adjunk- provinsiale polisiekommissaris, in ’n skrywe gedateer 12 Maart 2025 aan alle polisiestasies in dié provinsie opdrag gegee het dat alle verklarings met onmiddellike ingang slegs in Engels afgeneem mag word. Hy het voorts beveel dat alle ander kommunikasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in dié provinsie ook slegs in Engels mag wees.

Die feit dat minder as 3% van Noord-Kaapse inwoners Engels as hul moedertaal praat, bewys die onsinnigheid van hierdie opdrag. Verder waarborg onder meer die Grondwet en die Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika dat sowel slagoffers as beskuldigdes die reg het tot kommunikasie in die taal van hul keuse. Polisielede is alles behalwe opgeleide tolke of vertalers. Indien hulle weens taalprobleme verklarings onakkuraat sou afneem, mag dit tot skreiende gevalle van regsverydeling lei.

AfriForum, Solidariteit en Kaapse Forum het dus dadelik met optrede teen dié instruksie begin. AfriForum het onder meer ’n klag by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) gelê en die SAPD ook op ’n vorige hooggeregshofbeslissing gewys wat bevestig het dat sodanige eentalige optrede onwettig is.

Die gevolg was weer ’n bewys van die krag en waarde van optrede deur die burgerlike gemeenskap. Op 20 Maart, slegs agt dae later, het lt.genl. Koliswa Otola, die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, ’n skrywe uitgereik om die vorige bevel nietig te verklaar. Soos tevore mag die publiek nou weer in hul eie taal met die SAPD kommunikeer.

Hierdie is nie net ’n oorwinning vir Afrikaans in die Noord-Kaap nie, maar vir alle inheemse tale, asook taalregte in die land oor die algemeen. Wanneer teenstand teen taalregteskendings met behoorlike motivering gebied word, kan langtermynskade vir tale, owerhede en die gemeenskappe wat dit bedien, voorkom word.

Volgens die minimum standaarde wat vir die implementering van die Dienshandves vir slagoffers van misdaad in Suid-Afrika gestel is, het slagoffers van misdaad die reg om met billikheid en respek vir waardigheid en privaatheid behandel te word. Slagoffers wat ’n misdaad by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanmeld, kan volgens dié handves daarom die volgende verwag:

  • Dat die misdaad ondersoek sal word.
  • Dat wanneer die misdaad by die SAPD aangemeld word, hulle so gou as moontlik daarop sal reageer.
  • Dat maatreëls toegepas sal word om ongerief tot die minimum te beperk.
  • Dat ’n beampte van die SAPD die verklaring sal afneem, die nodige vorms sal voltooi en die misdaad sal registreer.
  • Dat die slagoffer(s) mediese hulp of berading sal ontvang indien dit benodig word.
  • Dat ’n polisielid ’n privaat onderhoud sal voer met slagoffer(s) van seksuele geweld.
  • Dat gesprekke met slagoffers gevoer sal word in ’n taal wat hulle verstaan en indien die persoon wat met die slagoffer praat nie ’n taal kan praat wat die slagoffer verstaan nie, die slagoffer kan vra dat ’n tolk verskaf word vir die gesprek.
  • Dat die slagoffer mag versoek om gesprekke te voer met ’n polisielid van dieselfde geslag as die slagoffer en indien só ’n lid beskikbaar is, die versoek toegestaan sal word.

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Afrikaans-Noord-Kaap_SAPD-groep_vir web