NOORDWES
Klerksdorp: Taklede het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in La Hoff en Doringkruin.
Potchefstroom: Die buurtwag het gehelp om verdagte persone op te spoor, asook gekaapte voertuie terug te vind.
Stilfontein: Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Rustenburg: Die tak het voortgegaan met die sny van gras op verskeie plekke in die dorp.
Lichtenburg: Die tak het ’n groot slaggatherstelprojek in Breëstraat afgehandel. Taklede het 30 ton teer gebruik om 284 slaggate op te vul, terwyl een drom ss60-bitumen ook gebruik is om die gate te seël.
Vryburg: Taklede het die konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny, ses leë erwe skoongemaak, die grasveld langs die Tosca-pad gesny, asook die hospitaal se gras gesny om dit makliker te maak vir die helikopter om te land.
VRYSTAAT
Bothaville: Buurtwaglede het die SAPD gehelp om kabeldiewe aan te keer.
Parys: Die tak het voortdurend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings te vind vir die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
Sasolburg: Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
Viljoenskroon: Taklede het die dorpsingang vanaf Kroonstad opgeknap deur gras te sny en die verkeersirkels skoon te maak.
Bethlehem: Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n huisbraaksindikaat vasgetrek.
Frankfort: Die tak het voortgegaan met verskeie aksies en hofsake teen die Mafube Plaaslike Munisipaliteit.
Harrismith: Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Kroonstad: Die tak het in samewerking met die FAK die konsentrasiekampterrein skoongemaak.
Steynsrus: Die tak het die gemeenskap ondersteun deur water aan inwoners te voorsien tydens betogings wat die munisipaliteit verhoed het om basiese dienste te lewer.
Welkom: Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Winburg: Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Pellissier: Die buurtwag het ’n verdagte in samewerking met ITR Sekuriteit en die SAPD in hegtenis geneem; die gesteelde goedere is ook teruggevind.
Wilgehof: Buurtwaglede het ’n brand geblus in samewerking met die privaat sekuriteitsmaatskappy Bloemsec.
Uitsig: Danksy die buurtwag se aktiewe patrollies het inbrake in dié buurt drasties afgeneem. Daar is ook positiewe gesprekke hieroor met die SAPD en die Mangaung-metro gevoer.
Hospitaalpark: Die buurtwag het in samewerking met ITR Sekuriteit en die SAPD se blitspatrollie-eenheid gereageer nadat ’n verdagte persoon juweliersware gesteel het. Die verdagte is aangekeer en die juweliersware is aan die eienaar terugbesorg.
Bloemfontein-Noord: Die buurtwag het in samewerking met Bloemsec en die SAPD drie fietse ter waarde van R50 000 wat uit ’n erf in Bayswater gesteel is, help opspoor en die verdagtes aangekeer.
Langenhovenpark: Buurtwaglede het die Bainsvlei-polisiestasie se grasperk gesny op aanvraag van die stasiebevelvoerder.
KWAZULU-NATAL
Amanzimtoti: Die tak het ’n gat in ’n parkeerterrein in Winklespruit herstel. Dít volg nadat die eThekwini-metro ’n waterlek reggemaak het, maar die gat nooit weer opgevul het nie.
Durban-Wes: Taklede het ’n 1 km lange sypaadjie op Mainweg in Queensburgh wat met rommel, onkruid en oorgroeide gras bedek was en die omgewing ontsier het, skoongemaak en opgeknap.
Newcastle: Verteenwoordigers van die tak het met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit vergader waartydens belangrike gemeenskapskwessies bespreek is.