AfriForum-takke maak só: NOORDSTREEK
Deur Marthinus Koekemoer

Noord van die berg: Die tak se tuinspan het bykans 5 000 swartsakke vullis in drie maande opgetel.

Bronkhorstspruit: Die tak het volgehoue druk op die Tshwane-metro toegepas wat daartoe gelei het dat 41 straatligte herstel en 62 slaggate opgevul is.

Groter Moot: Die tak se buurtspan het meer as 1 100 manure met bossiekappers in die hand bestee.

Moreletapark: Die tak het ’n ooreenkoms met Wingate Park-gholflandgoed aangegaan om paaie rondom dié landgoed in stand te hou. Verkeerstrepe is onder meer oorgeverf en slaggate is opgevul.

Slaggate is rondom Wingate Parkgholflandgoed
opgevul.

Wes-Moot: Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers talle veiligheidsoperasies in die gebied gehou.

Apiesrivier: Die buurtwag het nommerplaatherkenningskameras opgerig.

Centurion: Die tak het twee Amerikaanse groepe verwelkom wat meer kom leer het oor hoe om herwinningsprojekte te bestuur.  

Pionier: Taklede het straatligte in Silverton en Murrayfield herstel.

Krugersdorp: Die tak het saam met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek by die Sterkfontein-begraafplaas gehou.

Thys Blom, projekleier by AfriForum se
Krugersdorp-tak. Meer as 100 vrywilligers het opgedaag
om die begraafplaas op Krugersdorp
skoon te maak.

Randfontein: Die buurtwag het ’n skoonmaakprojek by ’n substasie gehou. Dít volg nadat die substasie gereeld in die verlede gesaboteer is.

Vanderbijlpark: Taklede het Phoenixpark se gras gesny en vullis opgetel ter voorbereiding vir ’n pretdraf wat daar gehou is. Die tuinrommel en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.

Midvaal: Die buurtwag het verskeie operasies saam met die SAPD aangepak.

Roodepoort: Die buurtwag het ’n hommeltuig aangeskaf wat vir misdaadbekamping aangewend sal word.

Alberton: Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Mayberrypark van stapel gestuur waartydens 30 slaggate opgevul is.

Brakpan: Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens padblokkades gelyktydig aan weerskante van die N17-snelweg gehou is.

Benoni: Taklede het hul gemeenskapsbeheerkamer, wat talle nommerplaatherkenningskameras huisves, ingerig en sien uit na die positiewe impak wat die kameramoniteringsprojek op die bekamping van misdaad in die streek gaan hê.

Boksburg: Buurtwaglede het noodhulp toegepas op lede van ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy nadat hulle in die spervuur van ’n gewapende rooftog beland en skietwonde opgedoen het.

Edenvale: Die buurtwag het gemeenskapslede te hulp gesnel nadat hul voertuig gekaap is.

Kempton Park: Die buurtwag het saam met die SAPD gewerk om ’n Toyota Hilux, wat in Glen Marais gesteel is, op te spoor.

Springs: Die tak se tuinspan het ’n suksesvolle skoonmaakprojek by die Residentia-aftreeoord gehou.

Bethal: Die tak se noodwaterpunt by die Afrikaanse Christelike Kerk, asook die nuwe noodwaterpunt by die Gereformeerde Kerk is deur inwoners benut tydens ’n onlangse waterkrisis op die dorp.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda): Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Davieshof-sentrum voltooi.

Delmas: Die tak het mediese ondersteuning gebied op vier ongelukstonele, asook by drie ander voorvalle.

Piet Retief: Die buurtwag het ’n suksesvolle OPS-patrollie gehou. Hierdie OPS-patrollies vind een keer per maand plaas en is daarop gemik om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.

Standerton: Die tak het die gras op die terrein van die Voetsporemonument gesny en weggery.

Nelspruit: Taklede het die Steiltes-natuurreservaat skoongemaak.

Ermelo: Die buurtwag het verskeie strate in Chrissiesmeer skoongemaak sodat die dorp netjieser vertoon.

Witrivier: Die buurtwag se herhaler is met 4 m gelig om beter radiokommunikasie teweeg te bring. 

Lydenburg: Taklede het 26 nuwe straatnaamborde in die dorp opgerig om motoriste te help.

Nuwe straatnaamborde is in Lydenburg opgerig.

Belfast: Die tak het ’n addisionele 10 000 liter-watertenk by een van sy huidige noodwaterpunte opgerig.

Dullstroom: Die tak het ses sonkragligte in die dorp opgerig.

Naboomspruit: Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Potgietersrus-buurtwag ’n motorbandesindikaat vasgetrek. 

Warmbad: Taklede het Apiesdoringpark skoongemaak.

Phalaborwa: Die tak het kos aan ’n plaaslike ouetehuis geskenk.

Potgietersrus: Die buurtwag het die Hoërskool Piet Potgieter beveilig tydens betogings deur ondersteuners van die EFF.

Groblersdal: Die tak het skietopleiding vir sy lede aangebied.

Marble Hall: Die buurtwag het ’n heining tussen die onwettige plakkerskamp en die dorp gespan.

Messina: Die buurtwag het die begraafplaas op Sondae beveilig sodat die publiek grafte kon besoek.

Thabazimbi: Die tak het straatname op randstene aangebring.

Ellisras: Buurtwaglede het ’n boom verwyder wat ná ’n storm in die woongebied omgeval het.


Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad