AfriForum-takke en -buurtwagte in die noordstreek maak ’n groot verskil

Saamgestel deur Carina Bester

’n Lid van AfriForum se Noord van die berg-buurtspan herstel ’n slaggat.

Noord van die berg: Die tak se buurtspan het 1 409 swartsakke vullis opgetel, 63 vragte vullis weggery en 12 parke se gras gesny en skoongemaak. Buurtspanlede het verder altesaam 4,2 ha gras gesny, 49 onwettige advertensieborde verwyder en 16 slaggate opgevul. Hulle het ook vier kruisings en ’n perseel skoongemaak.

Bronkhorstspruit: Die buurtwag het hulp verleen tydens die inhegtenisname van ’n verdagte wat ’n voertuig gesteel het. Die tak het skoonmaakprojekte van stapel gestuur.

Groter Moot: Die tak se buurtspan het ’n kraan by die Laerskool Wonderboom-Suid se noodwaterpunt herstel. Hulle het ook oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome gesnoei en verwyder en 115 sakke rommel opgetel en verwyder.

Wes-Moot: Die buurtwag het ’n misdadiger vasgetrek wat gepoog het om goedere te steel.

Moreletapark: Die tak het talle slaggate opgevul, middelmanne skoongemaak en verkeersirkels geverf.

Pionier: Buurtwaglede het gehelp om misdadigers vas te trek wat skoolkinders beroof het.

Pretoria-Wes: Diebuurtwag het blitsig gereageer nadat ’n Telkom-boks aan die brand gesteek is deur die toneel te hanteer en te beveilig, waarna die polisie en brandweerdiens gekontak is. Hulle het nóg ’n toneel beveilig nadat ’n OTM opgeblaas is en nooddienste ontbied is. Die tak het saam met gemeenskapslede ingespring om sportvelde in Danville skoon te maak.

Krugersdorp: Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n motordiefstal; die voertuig is opgespoor en aan die polisie oorhandig. Buurtwaglede het onder meer gehelp om ’n vermiste kind op te spoor en om ’n verdagte vas te trek wat by twee voertuigdiefstalle betrokke was. Die tak het 120 voerbale aan ’n boer geskenk nadat ’n brand weiding op sy plaas vernietig het.

Midvaal: Die buurtwag het die polisie ondersteun tydens die konfiskering van onwettige sigarette, gehelp om ’n verdagte van ’n skietvoorval in hegtenis te neem, asook die polisie tydens ’n operasie gehelp om onwettige sjebiens te sluit. Verder het die buurtwag hulp gebied nadat ’n restauranteienaar met ’n bottel gesteek is.

Vereeniging: Die tak het die speelapparaat en klimrame in die Risiville-park geverf en herstel. Hulle het ook 260 sakke teer geskenk sodat die pad voor die N.G. Kerk Arcon Park herstel kon word.

Vanderbijlpark: Buurtwaglede het ’n man te hulp gesnel wat ’n hartaanval gekry het en nooddienste ontbied. Die tak se projekspan het tydens skoonmaakprojekte meer as 180 sakke blare opgehark en weggery, asook 20 sakke vullis. Dié span het ook 1,034 ha gras gesny en 15 sakke gesnyde gras weggery.

AfriForum se Centurion-tak het in September 2024 veiligheidskameras by ’n substasie geïnstalleer om vandalisme hier te voorkom.

Alberton: Buurtwaglede het saam met die polisie gewerk om die leier van ’n voertuigdiefstalsindikaat vas te trek.

Edenvale: Taklede het skoonmaakprojekte aangepak, gras gesny en rommel opgetel. Die buurtwag het die Edenvale-polisie ondersteun deur spoorsnyhonde beskikbaar te stel vir ’n operasie. Hiertydens is beslag gelê op sakke vol dwelms en alkohol.

Germiston: Die tak het tien slaggate opgevul.

Kempton Park: Die tak het ’n skoonmaakprojek by ’n begraafplaas gehou, terwyl die jeugvleuel ’n instandhoudingsprojek by ’n skool gehou het. Die buurtwag het ses verdagtes vasgetrek en ’n gesteelde minibustaxi opgespoor.

Springs: Buurtwaglede het gehelp om twee verdagtes vas te trek wat ’n verkeerslig gesteel het. Die buurtwag se brandspan het gehelp om ’n boom wat die pad versper het te verwyder en buurtwaghulpbronne is ingespan om die polisie te help om ’n onwettige burger vas te trek. Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig en die tuinspan het gehelp om die eendedam skoon en netjies te hou.

Die Bethal-waterpunt

Bethal: Die tak se noodwaterpunte het reeds meer as 1,3 miljoen liter water aan inwoners verskaf. Die tak maak in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme leeg en het ook saam met boere van die Kippen-omgewing ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur. Dit tak se groentetuin lewer meer as 250 kg spinasie aan plaaslike organisasies.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda): Taklede het groenstroke in verskeie woonbuurte skoongemaak, asook die Secunda-begraafplaas. Die tak het padverf, stoptekens en 50 sakke teer aan die Hoërskool Oosterland geskenk om opknapping rondom die skool te doen.

Delmas: Die Delmas Valke-buurtwag het in samewerking met die Springs-polisie verskeie verdagtes in hegtenis geneem en ook twee gesteelde voertuie opgespoor. Hulle het ook ’n operasie saam met die Sundra Bulldogs uitgevoer waartydens 16 onwettige immigrante in hegtenis geneem is.

Ermelo en Chrissiesmeer: Taklede het 18 nuwe vullisdromme in Chrissiesmeer aangebring en maak dit weekliks leeg.

Standerton: Dietak het stoptekens vervang en in samewerking met verskeie organisasies slaggate opgevul en skoonmaakprojekte van stapel gestuur.

Witbank: Taklede het verf aan die Hoëveldpark-buurtwag geskenk om spoedhobbels en stoptekens te verf.

Nelspruit: Die tak het R5 000 se benodighede aan LEFPA se brandspanne geskenk, hul noodwaterpunt beskikbaar gestel en asblikke leeggemaak.

Witrivier: Taklede het 40 liter verf geskenk om ’n kinderhuis oor te verf.

Die sypaadjie by die Frog Coffee Shop op Chrissiesmeer is skoon en netjies.

Lydenburg: Die tak het geld aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte en die opvul van slaggate in die dorp. Die tak het ook sypaadjies skoongemaak, gras gesny en vullis verwyder.

Belfast: Die tak se noodwaterpunte is beskikbaar gestel tydens watertekorte.

Dullstroom: Taklede het 20 liter padverf geskenk vir instandhoudingsdoeleindes in die dorp en R5 000 geskenk vir die Voer vir ’n boer-veldtog.

Warmbad: Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak en die dorp se ingang opgeknap. Hulle het ook 3,5 ton teer gebruik om slaggate op te vul.

Nylstroom: Taklede het gehelp tydens ’n skoonmaakprojek by die dam.

Phalaborwa: Taklede het water aan inwoners voorsien tydens watertekorte in die dorp.

Potgietersrus: Die buurtwag het die polisie gehelp om ’n gesteelde voertuig binne ’n uur op te spoor.

Ellisras: Beska-plaaswaglede het paaie geskraap.

Thabazimbi: Die tak het straatname op randstene aangebring, ’n park skoongemaak en die reservoirs in die dorp herstel. Hulle het ook 210 slaggate saam met Spitskop Landelike Veiligheid opgevul.

Slaggate op die pad na Thabazimbi is herstel.


Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad