Simbole van federalisme

Vir Afrikaners om ’n volhoubare vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou wat hulle in staat stel om ’n blywende bydrae tot die welstand van die land en sy mense te lewer, het hulle ’n plan nodig. Die Solidariteit Beweging, wat AfriForum insluit, is besig om dié plan, bekend as die federale plan, te verfyn en stap vir stap in werking te stel. Een van die sewe bene van die plan is gemeenskapsinstellings. Funksionele eie instellings is die kulturele infrastruktuur waarin en waardeur Afrikaners in hul gemeenskappe leef. Hierdie instellings word gebou en kom tot stand deur ’n #OnsSalSelf-benadering.

Só lyk van die instellings wat simbole van hoop, vryheid, selfstandigheid en staatsbestandheid is:

  • AfriForum-gebou
  • AfriForum-buurtwagte
  • AfriForum-takke
  • AfriForumTV
  • AfriForum Teater
  • Forum Sekuriteit
  • Sol-Tech
  • Akademia
  • Ons Winkel
  • Die Voortrekkermonument
  • Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK)
  • Pretoria FM
  • Maroela Media
  • Bo-Karoo Opleiding (BKO)
  • Theodora-opleidingsentrum
  • Skoleondersteuningsentrum (SOS) Wolkskool

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad