Skuldvry én kommervry met Skuldhulp

Advertensie-artikel

Die gevoel dat daar hopeloos te veel “maand” aan die einde van jou salaris oor is, is iets waarmee die meeste mense kan identifiseer. Die kommer van ’n begroting wat maand ná maand nie klop nie en skuldeisers wat kom aanklop vir hul pond vleis is egter veel ernstiger.

Volgens die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) is daar tans bykans 30 miljoen kredietaktiewe verbruikers in die land. Nagenoeg 10 miljoen hiervan – oftewel ’n derde van alle mense wat die een of ander vorm van skuld het – het verswakte kredietrekords. Dit dui op verbruikers wat drie of meer maande agterstallige skuld het of onder administrasie geplaas is.

Jy hoef egter nie meer alleen met die verlammende gevoel van oormatige skuld te worstel nie. Skuldhulp se span kundiges staan slaggereed om jou uit die net van skuld te bevry en danksy die spesiale ledevoordeel wat eksklusief vir AfriForum-lede aangebied word, is dié hulp nou binne die bereik van elke lid wat hierdie kritieke diens benodig.

Maak daarom vandag nog gebruik van Skuldhulp se aanbod waardeur AfriForum-lede toegang kry tot 50%-afslag op Skuldhulp se aanvangsfooi en stap só die toekoms van finansiële vryheid tegemoet.

Besoek www.skuldhulp.co.za/afriforum-lid vir meer inligting en om van hierdie aanbod gebruik te maak.

Skuldberading deur Skuldhulp is moeiteloos en volg ’n eenvoudige vyfstapplan om jou na kommervrye en verantwoordelike finansiële welstand te lei.

1. Evaluasie van jou unieke finansiële situasie

’n Geakkrediteerde skuldberader evalueer eers al jou inkomste, uitgawes en skuld.

2. Opstel van ’n terugbetalingsplan

Met die hulp van jou toegewyde skuldberader word ’n haalbare terugbetalingsplan opgestel.

3. Onderhandeling met skuldeisers

Die skuldberader onderhandel namens jou met elkeen van jou onderskeie skuldeisers, beding ’n bekostigbare maandelikse paaiement, verlengde terugbetalingstermyne en selfs moontlike laer rentekoerse.

4. Regstappe om jou te beskerm

Kliënte se beskerming teen skuldeisers is ’n prioriteit. Daarom is Skuldhulp se prokureurs landwyd beskikbaar om aansoeke om regsbeskerming te doen en ’n hofbevel rakende die terugbetaling van skuld te bekom. Dié bevel bied die nodige beskerming aan kliënte om verdere teistering deur skuldeisers te verhoed.

5. Gekonsolideerde terugbetaling

Stap 1 tot 4 werp nou vrugte af en een gekonsolideerde betaling word maandeliks gedoen om elkeen van jou skuldeisers, volgens die ooreengekome terugbetalingsooreenkomste, te betaal.

  • Vinnige en vriendelike diens – in Afrikaans!
  • Met Skuldhulp kry jy ongeëwenaarde kundige ervaring. Skuldhulp is ’n produk van Debt Rescue, Suid-Afrika se voorste en grootste skuldberadingsmaatskappy.
  • Vergeet van hordes paaiemente aan tientalle skuldeisers. Met skuldberading word alle skuld in een eenvoudige maandelikse paaiement gedek.
  • Die maandelikse paaiement is laer en bied jou daarom meer kontant in die sak.
  • Sodra skuldberading afskop, is intimidasie van skuldeisers iets van die verlede.
  • Skuldberading gee gemoedsrus aangesien dit noodsaaklike beskerming teen beslaglegging van bates bied.


Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad