Noord-Kaap
Kamiesberg: Taklede het Kamieskroon se strate skoongemaak en drie boorgatpompe geïnstalleer om Kamieskroon en die omliggende dorpe van drinkwater te voorsien.
Kakamas: Die tak het 20 liter wit padverf gebruik om spoedhobbels oor te verf en het drie verkeersborde en pale in die middedorp vervang.
Kathu: Die tak het verskeie skoonmaakprojekte aangepak en vullis opgetel. Hulle het ook die Hugenoteparkmonument opgeknap en 40 liter verf gebruik om padmerkers, sypaadjies en randstene weer sigbaar te maak.
Keimoes: Die tak het die hoofstraat en die gebied rondom die historiese waterwiel skoongemaak en vullis verwyder. Die Grootoog-buurtwag het water vir gemeenskapslede aangery tydens watertekorte. Twee stoptekenborde en pale is in die hoofstraat vervang.
Kuruman: Taklede het vier nuwe LPR-kameras op hoofroetes geïnstalleer.
Springbok: Die tak het drie stopborde en 40 liter padverf aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geskenk.
Upington: Taklede het vullis in ’n park opgetel en die geroeste paaltjies rondom dié park afgeskuur en oorgeverf.
Delportshoop: Die tak het verskeie skoonmaakprojekte aangepak.
Kimberley: Die tak het sy straatnaamprojek afgeskop en toegesien dat verskeie areas in die stad skoongemaak word.
Vaalharts: Die flinke optrede van ’n buurtwaglid het gehelp om die diefstal van ’n vragmotor te verhoed.
Oos-Kaap
Cradock: Die tak se twee noodwatertenks het water aan gemeenskapslede verskaf tydens wateronderbrekings.
Port Elizabeth: Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien toe die krane opgedroog het.
Uitenhage: Taklede het in samewerking met die Mosel-buurtwag slaggate opgevul.
Wes-Kaap
Cederberg: Die tak het deurlopend skoonmaakprojekte gehou.
Kaapstad-Noord: Taklede het gereeld parke in Bellville skoongemaak.
Kraaifontein: Taklede het parke skoongemaak en gras gesny.
Matzikama: Dietak het in samewerking met plaaslike tuindienste ’n park skoongemaak.
Overstrand: Buurtwaglede het die polisie gehelp om ’n misdadiger in hegtenis te neem nadat dwelms, wapens en huisbraaktoerusting in sy besit gevind is. Hulle het die polisie ook gehelp om ’n vermiste skolier op te spoor.
Hopefield: Die buurtwag het skoonmaakmiddels en -toerusting aan die plaaslike polisiestasie geskenk.
Hessekwa: Die Albertinia-plaaswag het aan Operasie Basadi deelgeneem en gehelp om 13 inhegtenisnames uit te voer en drie voertuigbeheerpunte te beman.
Kaap Agulhas: Die tak het 100 sakke teer aan die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit geskenk om slaggate in die nywerheidsgebied op te vul.
Knysna: Taklede het vullis langs die pad opgetel en na die vullisterrein weggery.
Oudtshoorn: Taklede het gras gesny, bome natgelei en vullis opgetel. Hulle het ook meer as 3,2 ton teer gebruik om slaggate op te vul.
Swellendam: Dietak het ’n sonkraglig by die plaaslike verkeersdepartement aangebring.