Vrystaat
Bothaville: Buurtwaglede het twee inbrekers aangekeer.
Sasolburg: Die tak het ’n watertenkpyp by die kinderhuis geïnstalleer en ’n vullishouer aan die Voortrekkers verskaf vir ’n skoonmaakprojek. Die buurtwag het in samewerking met die polisie en ander rolspelers ’n soektog na dwelms by drie skole uitgevoer, terwyl buurtwaglede ook opvoedkundige praatjies by dié skole gelewer het.
Viljoenskroon: Taklede het vier leë erwe skoongemaak en 30 slaggate met 45 sakke teer opgevul.
Kroonstad: Taklede het meer as 650 kg teer gebruik om slaggate op te vul.
Welkom: Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
Noordwes
Klerksdorp: Taklede het verskeie strate, asook die pretdrafterrein skoongemaak.
Christiana: Die tak en sy jeugvleuel het meer as 30 liter verf vir ’n padverfprojek gebruik.
Bloemhof: Taklede het meer as 20 ton vullis verwyder en die hoofstraat skoongemaak. Meer as 200 slaggate is ook met 8 ton teer opgevul.
Vryburg: Die tak het gras op leë erwe gesny, bome gesnoei en die Groot Trek-monument buite die dorp skoongemaak.
Rustenburg: Taklede het padmerkers in verskeie woonbuurte geverf.
Zeerust: Die tak en vrywilligers het die begraafplaas skoongemaak en 2 ton tuinvullis verwyder.