Deur Carina Bester
Dekfoto: Feesgangers geniet die musiekvertonings tydens die eerste Centurion-gemeenskapsfees by die Voortrekkermonument.
Gemeenskappe in die land moet daagliks verskeie uitdagings die hoof bied wat weens ekonomiese agteruitgang, misdaad, werkloosheid, korrupsie en politieke polarisasie veroorsaak word. Die vestiging van sterk, selfstandige gemeenskappe om volhoubaar in die land voort te bestaan is daarom uiters belangrik.
Dit is juis as gevolg hiervan dat die stig van gemeenskapsforums noodsaaklik is. Hierdie forums is ’n plek waar ’n gemeenskap byeen kan kom om probleme in die gemeenskap die hoof te bied en waar daar saamgewerk kan word om die gemeenskap te verbeter. Dit dien ook as ’n kommunikasieplatform om hulpbronne te koördineer en ondersteuning te bewerkstellig.
Die eerste gemeenskapsforum is reeds in Centurion gestig en staan bekend as die Centurion-gemeenskapsforum. Dié forum bestaan uit ’n skole-, maatskaplike, sake- en veiligheidsforum en kundiges vanuit elke sektor is aan die stuur daarvan. Skoolhoofde, beheerliggaamvoorsitters, maatskaplike werkers, kindersielkundiges, sake-eienaars en veiligheidsrolspelers vat met hierdie forums hande met organisasies soos AfriForum en Solidariteit Helpende Hand, asook kerke, buurtwagte en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
“Sterk, selfstandige gemeenskappe bied beskerming teen die land se probleme en maak volhoubare vooruitgang deur selfbestuur moontlik,” sê Corné Cronjé, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum.
Volgens Cronjé is skole dikwels die spil waarom ’n gemeenskap draai en moet veral Afrikaanse skole sterk gehou word. “As skole tot niet gaan, gaan ’n gemeenskap dikwels agteruit. Ons wil met hierdie forums kundige mense in gemeenskappe hou.”

Die uiteindelike doel van die gemeenskapsforum is ook plaaslike ondersteuning – ouers en sakeondernemings moet met mekaar sake doen sodat die gemeenskap se ekonomie kan voortbestaan.
Die Centurion-gemeenskapsforum het in September 2025 ’n gemeenskapsfees by die Voortrekkermonument gehou. Die opbrengs van hierdie fees word gebruik om ’n rentevrye studiefonds te befonds sodat leerders van Afrikaanse skole in Centurion wat nie die finansiële vermoë het om ná skool te gaan studeer nie, ondersteun kan word.
Die gemeenskapsfees het afgeskop met ’n pretdraf, ’n bergfietswedren en ’n opwindende mark met ’n verskeidenheid stalletjies. Talentvolle leerders van die onderskeie Afrikaanse skole in Centurion het ook die geleentheid gehad om op te tree. Verder het verskeie kunstenaars soos Droomsindroom, Rooksein en Kurt Darren feesgangers vermaak.
Daar word beoog om die gemeenskapsforums in 2026 uit te brei na die noorde van Pretoria, die Pretoriase Moot, Potchefstroom en Durbanville. Besoek www.gemeenskapsforum.co.za vir meer inligting oor die Centurion -gemeenskapsforum.