Deur Marthinus Koekemoer
As daar een ding is wat AfriForum se Besigheidsbytjies-projek oor die jare bewys het, is dat nie net volwassenes suksesvolle entrepreneurs kan wees nie. Hierdie unieke projek gee aan deelnemers die geleentheid om met ander jong entrepreneurs kennis te maak, idees uit te ruil, by mekaar lesse te leer of bloot net nuwe vriende te maak.
Zané Bekker, mede-eienaar van Something Nice, ’n tuisnywerheid gebaseer in Roodepoort, het in 2022 as 19-jarige aan die Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie deelgeneem en as kategoriewenner met R10 000 kontant weggestap.
“Ek het in 2020 tydens die Covid 19-inperkings my stokperdjie in ’n voltydse onderneming omskep waar kliënte allerlei lekkernye kan bestel. Ek bak daagliks op bestelling troukoeke, iets vir ’n verjaardag of vir ’n spesiale geleentheid. Die kliënt kan self kies wat hulle wil hê en hoe dit moet lyk. Daar is ook ’n slaghuis waar ek maandeliks meer as 200 melkterte verkoop,” sê Bekker.
Bekker sê sy het vir Besigheidsbytjies ingeskryf omdat dit ’n platform skep wat jong entrepreneurs help om hul onderneming op dreef te kry en hulle help om hul onderneming aan die buitewêreld te bemark.
“Ek het baie tydens my deelname aan Besigheidsbytjies geleer. Ek het veral baie oor bemarking, logo-ontwerp en prysberekening geleer. Nou is ek in ’n bevoorregte posisie om elke dag te doen waarvan ek hou en boonop glimlagte op kliënte se gesigte te sit,” vertel Bekker.
Bekker sê jong entrepreneurs moenie bang wees om hul eie ondernemings te begin nie, hulle moet soos sponse wees, soveel inligting moontlik by suksesvolle entrepreneurs inneem, ’n gesonde balans tussen hul onderneming en ander aspekte van hul lewe handhaaf en so jonk as moontlik hul ondernemings begin.
Die Korf is terug!

Ná die sukses van Die Korf se eerste seisoen op AfriForumTV is ’n tweede seisoen opgeneem en pas bekendgestel. Die Korf is ’n Afrikaanse reeks wat deur AfriForumTV vervaardig is. Dit fokus op entrepreneurskap onder jongmense en meer spesifiek laer- en hoërskoolleerders. Dit neem kykers op ’n reis deur Gauteng, waar hulle jong entrepreneurs ontmoet wat met kreatiewe sake-idees werk.
“Die reeks wil inspireer, motiveer en wys dat dit moontlik is om ’n onderneming te begin, selfs as ’n mens jonk is, mits jy idees het, hard werk, ondersteuning en ’n bietjie blootstelling kry. Kykers kry die geleentheid om jong entrepreneurs se idees te sien, maar ook hoe dit prakties uitgevoer word,” vertel Sanderien van der Walt, hoof van AfriForum Sakenetwerk.
Bessie-By is die aanbieder van die tweede seisoen van Die Korf. Deelnemers se skole word besoek waar daar met onderwysers oor die waarde van entrepreneurskap gesels word. Volgens Van der Walt kan leerders baie leer as hulle Die Korf kyk.
“Die sukses wat jong entrepreneurs behaal dien as inspirasie vir ander en dit wys wat moontlik is. Die reeks sal kykers vermaak, maar hulle ook verskeie vaardighede leer met die oog om ’n onderneming te bedryf. Voorts dien die reeks as bemarkingsplatform vir die ondernemings wat ingesluit word,” sluit Van der Walt af.

Die Korf se tweede seisoen is onlangs op AfriForumTV bekendgestel. Hierdie seisoen fokus op entrepreneurs in laer- en hoërskole.
Die Korf kan gratis op AfriForumTV gekyk word: Besoek www.afriforumtv.co.za.