Afgietsel van Kruger-beeld kyk nou uit oor Noord-Kaapse vlaktes

Deur Ilze Nieuwoudt │Foto’s: Elrich Yssel

Dekfoto: Kruger word op die nuwe voetstuk geplaas. 

Paul Kruger – die Voortrekker, boer, diep gelowige, staatsman en latere balling – se geboortedag 200 jaar gelede is in Oktober 2025 met ’n uitsonderlike gebeurtenis gevier. Ná ’n toer op 24 September by die Voortrekkermonument in Pretoria afgeskop is met die afgietsel van die bekende Anton van Wouw-beeld (wat vandag nog op Kerkplein in Pretoria staan), het Kruger ’n tweede staanplek gekry. Hierdie weergawe van die Kruger-beeld kyk egter nie uit op die belangrikste plein van die destydse hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) nie, maar eerder op ’n moderne plein in Orania, ’n stad in wording in die Noord-Kaapse vlaktes.

AfriForum het bygedra om die oprigting van dié afgietsel ’n werklikheid te maak.

Gebore onder die Engelse vlag …

Kruger se treffende afskeidswoorde aan sy volk kort voor sy dood in 1904 word telkens aangehaal. Byna aan die einde van sy brief gedateer 29 Junie 1904 en gerig aan genl. Louis Botha, skryf Kruger dat hoewel hy onder ’n “Engelse vlag” gebore is, hy verkies om nie daaronder te sterf nie. Die bejaarde president se presiese woorde in die Hollands van die tyd vanuit Switserland was: “Geboren onder de Engelsche vlag, wens ik niet daaronder te sterven.” Dit is hier in Clarens, Switserland, waar Kruger sy laaste lewensasem uitgeblaas het, want sien dié volksman kon eenvoudig nie ná die Anglo-Boereoorlog terugkeer na ’n gebroke land onder Britse beheer nie.

In die jare sedert die Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria opgerig is, het die kern van dié hoofstad – soortgelyk aan die bewindsverandering ná die Anglo-Boereoorlog in 1902 – ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Sou dié president wat hom vir die vryheid van die Afrikaanse volk beywer het in 2025 ook ontuis gevoel het in Pretoria? Die kans is seker goed.

Kinders hou aflaai van die Kruger-beeld op Orania fyn dop.

Kruger: Die simbool van vryheid

Volgens Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy (OOM), word die Afrikaner se hedendaagse strewe na vryheid waarskynlik die sterkste beliggaam in Kruger. “Kruger verteenwoordig die gees van die Bittereinder wat nie wou oorbuig en sy volk se vryheid wou prysgee nie,” verduidelik De Klerk.

Dit is juis die onbetwisbare simbool van vryheid wat Kruger versinnebeeld wat die idee vir die oprigting van ’n afgietsel van die Kerkplein-Kruger-beeld op Orania laat posvat het.

“Toe die FAK enkele jare gelede ’n digitale skandering van die Kruger-beeld gemaak het en die moontlikheid ontstaan het om ’n nuwe afgietsel te maak, het OOM en die Orania Beweging onmiddellik die geleentheid raakgesien om ’n beeld van Kruger in Orania op te rig. Watter groter daad kan daar wees as om dié suiwer simbool van Afrikanervryheid ’n ereplek in die nuwe brandpunt van vryheidsbouwerk te gee? ’n Ereplek vir Kruger wat Afrikaners herinner dat Orania se ontwikkeling ooreenstem met die Afrikaner se historiese strewe na vryheid,” benadruk De Klerk.

Waarom Orania?

Kruger is in 1825 op die plaas Bulhoek in die Steynsburg-distrik, in die ooste van die destydse Kaapkolonie, gebore en het as jong seun aan die Groot Trek deelgeneem. Die Kruger-gesin het hulle gevestig in die gebied noord van die Vaalrivier – wat later as die ZAR bekend sou staan – en dit is hier waar Kruger later vier keer tot president van die jong Boererepubliek verkies is. Benewens sy laaste jare as banneling in Europa was Kruger as Transvaalse Afrikaner geanker in dié gebied.

Hoewel geen rekords daarop wys dat Kruger ooit die gebied in die omgewing van die hedendaagse Orania besoek het nie, bied dié dorp, soos die ZAR van ouds, ’n tuiste vir Afrikaners wat vryheid nastreef.

De Klerk benadruk dat kwessies soos die agteruitgang van die oorspronklike Kruger-standbeeld op Kerkplein, Kruger se werk as stadsbouer én die simboliese betekenis daarvan om Kruger as ’t ware na Orania te laat trek – en sodoende te laat deel vorm van ’n nuwe Groot Trek (dié keer na Orania) – alles bydra tot die sinvolle plasing van die Kruger-beeld se afgietsel op Orania.   

“Die woord ‘monument’ beteken om te herinner, maar dra ook die betekenis van waarskuwing. ’n Monument waarsku ’n volk om nie sy geskiedenis te vergeet nie. Die Kruger-monument is dus noodsaaklik, want dit herinner ons aan veel meer as net Paul Kruger. Hy vergestalt een van die merkwaardigste geslagte wat die Afrikanervolk ooit opgelewer het,” sluit De Klerk af.

Kruger se “trek”

Die afgietsel van die Kruger-standbeeld op Kerkplein het vanaf 24 September tot 2 Oktober ’n historiese toer vanaf die Voortrekkermonument in Pretoria tot in Orania onderneem. Die standbeeld is uiteindelik op die herdenking van Kruger se geboorte 200 jaar gelede op die dorpsplein in Orania onthul.

Die oudpresident se spreekwoordelike “Tweede Groot Trek” het hom in September en Oktober 2025 tot in die hartjie van Orania in die Noord-Kaap geneem. Ná meer as 1 600 km wat die afgietsel en die toerspan oor nege dae afgelê het, is dié Kruger-beeld uiteindelik op Krugerdag, presies 200 jaar ná sy geboorte op 10 Oktober 1825, op die nuwe dorpsplein onthul.

Cara Tomlinson, kultuurkoördineerder by die FAK, het dié historiese toer gelei en saam met die toerspan die Kruger-beeld se afgietsel na tien dorpe geneem wat elk op ’n manier ’n historiese band met Kruger en sy lewe gehad het. Die toer is afgeskop met ’n presidensiële partytjie by die Voortrekkermonument – ’n geleentheid wat deur nagenoeg 6 000 mense bygewoon is. Vandaar het die beeld eers by die Krugerhuis, die Gereformeerde Kerk Pretoria (in die volksmond bekend as die Krugerkerk) en uiteindelik die Kruger-standbeeld op Kerkplein aangedoen voordat die langpad aangedurf is. Daarna is oorgestop op Kruger se plaas Boekenhoutsfontein buite Rustenburg, Potchefstroom, Krugersdorp, Heidelberg, Vereeniging, Heilbron, Kimberley en uiteindelik Orania.

Met die uitsondering van ’n beplande besoek aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU), waar toegang aan die toergeselskap geweier is, is Kruger in elke dorp met ope arms ontvang, verduidelik Tomlinson. Praatjies oor Kruger en sy band met die betrokke dorp, lesings oor onder meer Kruger en M.T. Steyn en uitvoerings van die N.P. van Wyk Louw-toneelstuk “Kruger breek die pad oop” is op verskeie dorpe op die toer aangebied.

AfriForumTV se kameraspan het dié historiese toer vasgevang en ’n dokumentêr oor dié reis sal na verwagting binnekort op AfriForumTV beskikbaar gestel word.

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Kruger op Orania_Foto 4 - Copy