Die vuil, die vrot en die veragtelike: Só lyk vullisterreine in jou provinsie

Gauteng

Gauteng – waar 56% van terreine wat geoudit is aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen het – het al agt ander provinsies uitpresteer. Gauteng en die Wes-Kaap is boonop die enigste twee provinsies waar die meerderheid terreine wat geoudit is aan 80% of meer van die ouditvereistes voldoen het. ’n Vulliskrisis dreig egter steeds in Gauteng waar sowat 16 miljoen mense, oftewel nagenoeg ’n kwart van die land se bevolking, woon. Die 13 vullisterreine in die provinsie se drie metro’s (Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni) sal oor ’n gemiddeld van slegs vier jaar hul maksimum kapasiteit bereik en indien dit nie dringend getakel word nie, tot ’n algehele ineenstorting van afvalbestuur in die provinsie lei.

Noordwes

Slegs drie van die 21 vullisterreine in Noordwes wat geoudit is voldoen aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur. Die Brits-Hartbeesfontein-terrein in die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, die Mooinooi-terrein wat privaat bedryf word deur Interwaste en die Waterval-terrein in die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit is die enigste terreine in dié provinsie wat die oudit met ’n nakomingspunt van 80% of meer kon slaag. Die provinsie het boonop, naas die Noord-Kaap en die Vrystaat (wat ’n gemiddelde nakomingspunt van onderskeidelik 13% en 18% behaal het), die swakste gevaar met ’n gemiddelde nakomingspunt van 36%.

Limpopo

Uit die 14 vullisterreine in Limpopo wat geoudit is kon net één terrein, naamlik die Tzaneen-terrein in die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit, aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur voldoen. Die provinsie het boonop, naas die Vrystaat, die swakste in die land gevaar in terme van die persentasie vullisterreine wat die oudit kon slaag. Slegs 7% van terreine in Limpopo kon die oudit slaag en net 5% van terreine in die Vrystaat.

Mpumalanga

AfriForum se oudit toon dat die meerderheid vullisterreine in Mpumalanga ernstige risiko’s inhou en waarskynlik skuldig is aan lug-, water- en grondbesoedeling. Uit die 23 vullisterreine wat in dié provinsie geoudit is kon die volgende ses terreine nie eens ’n nakomingspunt van 10% behaal nie: Morgenzon, Lekwa Plaaslike Munisipaliteit (0); Machadodorp, Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit (0); Lydenburg, Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit (0); Evander, Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit (0); Dullstroom, Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit (2) en Kinross, Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit (2). In Mpumalanga kon slegs twee terreine, naamlik die Hendrina-oorlaaistasie in die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit en die Witrivier-oorlaaistasie in die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit, aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur voldoen.

Vrystaat

In die Vrystaat het 95% van die 22 terreine wat geoudit is die vullisterreinoudit gedop. Net een terrein, naamlik die Vaalpark-oorlaaistasie in Sasolburg, voldoen aan die mees basiese vereistes van vullisterreinbestuur. Vaalpark is boonop die eerste vullisterrein om in die afgelope vyf jaar dié oudit te slaag. Nie een van die 23 terreine wat in 2021 geoudit is óf die 24 wat in 2022 geoudit is óf die 27 wat in beide 2023 en 2024 geoudit is, kon die oudit slaag nie. Luidens die 2025-verslag het die Vrystaat boonop – naas die Noord-Kaap wat ’n gemiddelde nakomingspunt van 13% behaal het – die swakste in die land gevaar en kon net ’n gemiddelde nakomingspunt van 18% aanteken.

KwaZulu-Natal

Uit die tien vullisterreine in KwaZulu-Natal wat geoudit is kon net twee terreine, naamlik die Seadoone-oorlaaistasie in Amanzimtoti en die Richardsbaai-Empangeni-vullisterrein in die uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit, die oudit slaag. Vier terreine in dié provinsie kon boonop nie eens ’n nakomingspunt van 30% behaal nie. Dié terreine is die Vryheid-terrein in die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit (met ’n nakomingspunt van 10%); die Hluhluwe-terrein in die Big 5 Hlabisa Plaaslike Munisipaliteit (14%); die Newcastle-terrein in die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit (22%) en die Utrecht-terrein in die eMadlangeni Plaaslike Munisipaliteit (28%).

Oos-Kaap

In die Oos-Kaap het die Nelson Mandelabaai-metro uitsonderlik sleg gevaar en nie een van die metro se vier terreine wat geoudit is kon eens aan 50% van die basiese vereistes voldoen nie. In die res van die provinsie lyk sake ook beroerd en kon slegs drie uit die agt terreine die oudit slaag. Dié terreine is die Roundhill-terrein in Oos-Londen in die Buffalo City-metro wat uitstekend gevaar het en ’n 100%-nakomingspunt behaal het; die Cradock-terrein in die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit wat 86% behaal het en die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se Humansdorp-terrein wat 80% aangeteken het.

Wes-Kaap

Net 19 van die 37 (oftewel 51%) Wes-Kaapse vullisterreine wat geoudit is voldoen aan die mees basiese vereistes om gemeenskappe en die omgewing teen besoedeling te beskerm. Boonop kon vier van dié terreine nie daarin slaag om eens ’n nakomingspunt van meer as 10% te behaal nie en het al ses van die terreine wat in die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit geoudit is, die oudit gedop. Die vullisterreine wat vanjaar die swakste in dié provinsie presteer het is die Klawer-terrein in die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit met ’n nakomingspunt van 0%; die De Doorns-terrein in die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit (4%); die Old Place-terrein in die Knysna Plaaslike Munisipaliteit (4%) en die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit se Lutzville-terrein (10%).

Noord-Kaap

’n Skamele 8% van Noord-Kaapse vullisterreine wat geoudit is kon die oudit slaag. Dié powere prestasie het aan die Noord-Kaap die onbenydenswaardige titel van swakste provinsie in die land ten opsigte van vullisterreine besorg. ’n Totaal van 72% van terreine (oftewel 18 terreine) in dié provinsie kon nie eens ’n 10%-nakomingspunt kry nie. Hiervan het die volgende tien terreine ’n 0%-nakomingspunt behaal: Britstown-terrein, Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit; Douglas-terrein, Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit; Hanover-terrein, Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit; Hartswater-terrein, Phokwane Plaaslike Munisipaliteit; Kakamas-terrein, Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit; Kamieskroon-terrein, Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit; Keimoes-terrein, Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit; Lennertsville-terrein, Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit; Springbok-terrein, Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit en Williston-terrein, Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit.

Met 22% van vullisterreine wat in 2025 aan die ouditslaagsyfer van 80% of meer van die ouditvereistes voldoen het, is dit die hoogste proporsie van vullisterreine wat in die afgelope vyf jaar die oudit geslaag het (onderskeidelik 18%, 19%, 18% en 16% in elk van die jare 2021 tot 2024).

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Vullisterreinoudit-dekfoto