Deur Marthinus Koekemoer
Die internet bring inligting, genot, gemak en nog ’n rits ander positiewe dinge in ’n mens se huis in. Dit gee ook misdadigers die geleentheid om as ’t ware ’n mens se huis te betree as ’n mens nie versigtig is nie. Aanlyn slenters is so oud soos die internet self en met misdadigers wat kunsmatige intelligensie (KI) inspan word dié slenters boonop al hoe moeiliker om uit te ken.
’n Paar slenters wat die rondte doen is die belofte van vinnige geld, bekendes se naam en gesig wat misbruik word om iets te verkoop en die valse gebruik van maatskappye se name. AfriForum se naam is al vir laasgenoemde aangewend en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, se gesig is misbruik om mense te lok en van hul spaargeld te beroof.

Volgens Rindt Pretorius, regs-en-risikobeampte by AfriForum, is daar sekere aannames en dies meer wat ’n mens dadelik oor ’n sogenaamde beleggingsgeleentheid moet laat wonder.
“Die belofte van gewaarborgde winste met geen risiko’s is byna altyd ’n aanduiding van ’n bedrogspul. Bedrieërs gebruik dikwels kunsmatige intelligensie om video’s of beelde te vervals waarin dit lyk asof bekende openbare figure of maatskappye sekere beleggings ondersteun. AfriForum beklemtoon dat sulke bemarking geen legitimiteit het nie en doelbewus ontwerp is om mense te mislei.
“Daar is ook gevalle waar AfriForum se letternaam of ’n ander bekende handelsmerk saam met ’n Facebook-advertensie of elders op sosiale media geplaas word om ’n valse vertroue te skep. As jy onseker is oor so iets, besoek die betrokke maatskappy se amptelike webtuiste en vind daar uit of die inligting werklik van die maatskappy af kom,” waarsku Pretorius.
Pretorius deel die volgende wenke om jouself teen aanlyn slenters te beskerm:
- Doen deeglike navorsing oor enige platform of diens.
- Lees ander mense se ervarings en gebruik betroubare bronne.
- Moenie jou bankbesonderhede of wagwoorde met onbekendes deel nie.
- Rapporteer verdagte skemas onmiddellik aan die betrokke owerhede.
- Skakel die betrokke instansie direk om vas te stel of hulle kennis dra van die sogenaamde belegging.
“In kort, wees skepties waar vinnige, gewaarborgde en groot winste geadverteer word. As iets te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik so,” sluit Pretorius af.