AfriForum se takke, wat in elke uithoek van die land en in elke provinsie gesetel is, is as praktiese gemeenskapsbouers die hartklop van dié organisasie. In 2025 het takke behoorlik gewoeker en uiteenlopende suksesse behaal. Carina Bester stel ondersoek in na 25 van dié taksuksesse. Besoek www.afriforum.co.za vir meer inligting oor die daaglikse suksesse wat AfriForum-takke landwyd behaal.
Hofsake en regsaksies
- In Pretoria het AfriForum ’n reuseoorwinning vir inwoners van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit behaal nadat die organisasie ’n sogenaamde stadreinigingsheffing, wat die metro op 1 Julie 2025 in werking gestel het, in die hof betwis het, waarna dit gevolglik onwettig en ongeldig verklaar is. Lees hier meer oor dié saak.
- Op 20 Junie het AfriForum ’n deurslaggewende oorwinning in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein behaal. Die hof het bevind dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit nie sy grondwetlike, wetlike en administratiewe verpligtinge teenoor die inwoners van onder meer Parys, Heilbron, Koppies en Vredefort nakom nie en het daarom as deel van ’n gestruktureerde interdik beveel dat die munisipale raad ontbind moet word en die Vrystaatse provinsiale regering onmiddellik by die munisipaliteit moet ingryp. Die munisipaliteit se aansoek om verlof tot appèl is kort daarna van die hand gewys, maar die munisipaliteit het egter in Augustus ’n aansoek by die Hoogste Hof van Appèl ingedien om die uitspraak omgekeer te kry. Dit is ook van die hand gewys. Die munisipaliteit het hom kort daarna tot die Konstitusionele Hof gewend. AfriForum het intussen in September aansoek gedoen dat die oorspronklike hofbevel hangende Ngwathe se appèlproses geïmplementeer word.
- In September het AfriForum in ’n skrywe aan die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit geëis dat ondersoek ingestel moet word na uitlatings van Alexander Kannemeyer, die munisipaliteit se menslikehulpbronnebestuurder, waarin hy onder meer aanvoer dat kandidate in dié munisipaliteit nie meer op meriete nie, maar op velkleur aangestel moet word. Die munisipaliteit het spoedig op AfriForum se brief gereageer en Kannemeyer hangende ’n ondersoek geskors.
Skoonmaak en instandhouding
4. AfriForum se Nelspruit-tak het in Augustus ’n nuwe buurtspan op die been gebring om voltyds skoonmaakprojekte in dié stad te dryf. Dié driemanspan het binne enkele weke reeds meer as 3 ha gras in parke en 1,5 km gras op sypaadjies gesny, en nagenoeg 60 sakke vullis en 24 vragte tuinvullis verwyder.
5. In Mei het die Uitenhage-tak die provinsiale hospitaal op dié dorp se noodlandingstrook oorgeverf. Kort daarna is die landingstrook boonop aangewys as die beste in die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.
6. Die Durbanville-tak het in 2025 die plaaslike polisiestasie se tuin en sypaadjies opgeknap – en onder meer 28 ton klip in die tuinprojek gebruik.
7. Die Bethlehem-buurtspan het van Januarie tot September sowat 32 000 m2 gras by die Bethlehem Museum gesny.
Vullisverwydering en herwinning

8. AfriForum se vullisverwyderingsdiens in Bloemfontein is in 2025 verder uitgebrei met die aankoop van die diens se eerste vullisverwyderingsvragmotor. Teen September het dié diens reeds nagenoeg 260 ton vullis verwyder. Intussen het AfriForum in September strafregtelike klagte teen Sello More, munisipale bestuurder by die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, ingedien weens sy versuim om toe te sien dat die metro se vullisterreine aan die wetlike vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen.
9. AfriForum se Naboomspruit-tak spring gereeld in wanneer amptenare van die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit staak. Tydens ’n loonstaking wat in Augustus gewoed het, het die tak op eie onkoste inwoners se vullis verwyder en binne drie dae meer as 2 000 sakke vullis, oftewel 19 vragte vullis, met ’n 5 ton-vragmotor verwyder.

10. Danksy die sukses van die Centurion-tak se herwinningsprojek is hierdie projek in 2025 ook na Pretoria uitgebrei. Teen September het die aantal inwoners en ondernemings wat al van hierdie diens gebruik maak tot ongeveer 1 500 toegeneem.
Slaggate
11. Op Lichtenburg het die AfriForum-tak in 2025 voortgebou op die sukses van hul reuseslaggatherstelprojek en het teen druktyd in Oktober vir die jaar al meer as 53,4 ton teer gebruik om slaggate in dié dorp op te vul en paaie te herstel.

12. AfriForum se Rustenburg-takhet in 2025 meer as 2 ton teer ingespan om slaggate hier op te vul. Tydens een enkele projek wat in Junie in die industriële gebied aangepak is, is daar alleen 1,4 ton teer en 2,6 ton gruis vir herstelwerk gebruik.
13. Teen Oktober het AfriForum se Parys-takreeds ongeveer 11 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
14. Op Bethlehem het dié AfriForum-tak in 2025 altesaam 46,43 ton teer gebruik vir die herstel van slaggate in woonbuurte en rondom skole.

15. Die Middelburg- en Witbank-tak het in Mei kragte saamgesnoer om die MidWit-buurtspan tot stand te bring. In Augustus en September is meer as 400 sakke teer in onderskeidelik Middelburg en Emalahleni (Witbank) gebruik om slaggate op te vul.

Veiligheid en rampbestuur
16. ’n Noodvoertuig is vir die Witrivier-tak aangekoop om met brandbestryding en noodsituasies te help. Sedertdien kon die tak help om verskeie brande te blus.

17. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld van Mpumalanga, het in 2025 ’n veediefstalopleidingsmodule saamgestel. Sy aanbieding hiervan aan veral buurtwagte in die platteland is daarop gemik om AfriForum se buurtwaglede met kennis oor dié misdaad te bemagtig. Verskeie suksesse het al hieruit voortgespruit, insluitend ’n geval in Junie waartydens meer as R950 000 se gesteelde beeste in die Delmas-omgewing teruggevind is. Lees meer hieroor hier.
18. AfriForum se Benoni-tak het in 2023 een kamera gehad op die Loomix- gesamentlike inligtingstelsel, ’n sentrale beheersentrum waardeur nasporing gedoen en waarskuwings uitgereik word oor verdagte voertuie. Teen 2025 het dié uitgebrei na meer as 70 mobiele eenhede en meer as 70 statiese kameras, en monitering daarvan het al tot talle suksesse gelei.
19. Die op-en-wakker optrede van ’n lid van AfriForum se Alberton-buurtwag tydens ’n padblokkade in 2023het daartoe gelei dat ’n gevaarlike misdadiger uiteindelik in 2025 tronk toe gestuur is.
20. Danksy die Bo-Karoo-tak op Orania se mobiele observasieplatform wat van gevorderde kamerategnologie gebruik maak is ’n vermeende skaapdief in Augustus in die Luckhoff-distrik vasgetrek.
21. AfriForum se Thabazimbi-tak se samewerkingsooreenkoms met die Matlabas Custodians, ’n natuurbewarings- en gemeenskapsveiligheidsorganisasie in Limpopo, het in Maart 2025 vrugte afgewerp tydens die ernstige vloede wat die gebied in ’n rampgebied omskep het. Twee helikopters is danksy die ooreenkoms ontbied om vasgekeerde gemeenskapslede na veiligheid te neem.
22. Op Jeffreysbaai moet misdadigers ligloop, want dié AfriForum-tak het in 2025 die aantal veiligheidskameras op dié dorp tot 30 kameras uitgebrei.
Omgewingsake
23. AfriForum se Weskus-tak het met die aanvang van 2025 se blomseisoen in September die opening van ’n wandelroete in Langebaan hanteer en speel ’n sleutelrol in die bemarking en finansiële steun vir die projek. Op die 2 km lange Longacres-wandelroete kan die publiek die pragtige natuurskoon en inheemse blomme van naderby besigtig.

24. AfriForum Jeug-lede van die Malmesbury-tak het in September in samewerking met Kaapjag ’n skietdag in Moorreesburg aangebied waartydens jong skuts meer geleer het oor verantwoordelike jagpraktyke, die belangrikheid van wapendissipline en die erfenis van die land se jag- en skietkultuur .
25. Op Oudtshoorn het die tak in 2025 twee parke in lushowe omskep danksy die deurlopende onderhoud wat daar onderneem is. Die parke is nou ’n gewilde ontspanningsplek vir die gemeenskap.