Deur Marthinus Koekemoer │ Foto’s: Verskaf
Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, is in die visier van AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná ’n omvattende studie daarop wys dat die versuim om dié politieke groot kanon te vervolg op selektiewe vervolging of algehele onbevoegdheid neerkom. En hoewel die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanvoer dat daar nie genoegsame bewyse is om Mbalula in verband met ’n 2016-vakansie na Dubai te vervolg nie, wys die eenheid se feite op die teendeel. In ’n voorlegging wat die privaatvervolgingseenheid aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van Openbare Vervolging, gemaak het, word aangevoer dat Mbalula vervolg kan en móét word.
Die peperduur vakansie en die betalings
Die saak hou verband met Mbalula se peperduur gesinsvakansie van meer as R680 000 na Dubai in 2016 waarvoor Yusuf Dockrat, ’n direkteur van Sedgars Sport en ’n destydse verskaffer aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), gedeeltelik betaal het. Mbalula en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se handelinge met dié maatskappy dateer terug na sy eerste jaar as die minister van dié departement toe Sedgars in 2011 die Suid-Afrikaanse Sporttoekenningsgeleentheid geborg het.
Mbalula het aanvanklik nie ’n sent vir die luukse week lange vakansie opgedok nie en teen Februarie 2017 het hy nog nie sy rekening by die Johannesburgse reisagentskap Munlin Travel vereffen nie. Hierna het Dockrat ’n betaling van R300 000 vir dié rekening gemaak, terwyl Tsholofelo Lejaka, Boks Suid-Afrika (BSA) se hoof, R150 000 kontant betaal het. In opdrag van Lejaka is nóg twee kontantbetalings van R75 000 elk in Munlin Travel se rekening gemaak.
Mbalula en Dockrat het aangevoer dat Dockrat se betaling bloot ’n lening was wat aan Mbalula gemaak is.
Doen ondersoek, eis OB
Nadat AfriForum die Openbare Beskermer (OB) in Oktober 2017 versoek het om Mbalula se reis te ondersoek, is ’n volledige ondersoek onderneem en het die OB, Busisiwe Mkhwebane, die verslag met haar bevindinge in Desember 2018 vrygestel. As deel van haar aanbevelings het Mkhwebane die NVG opdrag gegee om “ondersoek in te stel of die fondse wat gebruik is om vir mnr. Mbalula se reis te betaal, nie die opbrengs van geldwassery was nie”. Dit moes volgens die OB gedoen word om te bepaal of enigiemand met betrekking tot die reëlings en finansiering van Mbalula se vakansie by kriminele aktiwiteite betrokke was.
Dié opdrag van die OB is egter geïgnoreer, waarna AfriForum se toenmalige hoof van Veldtogte, Monique Taute, in Augustus 2019 strafregtelike klagtes van bedrog, geldwassery en korrupsie teen Mbalula aanhangig gemaak het.
Die NVG het sedertdien besluit om nie die saak te vervolg nie. In ’n 2023-brief hieroor is aan AfriForum verklaar dat daar besluit is om nie te vervolg nie aangesien “daar geen bewyse is om die bewerings van kriminaliteit en/of kriminele aktiwiteit teen mnr. Fikile Mbalula te ondersteun nie”.
Korrupsieklag kán volg
Mbalula en Dockrat se verweer dat die betaling wat gemaak is uit ’n “lening” spruit, en die NVG se besluit om nie te vervolg nie, is volgens die privaatvervolgingseenheid irrasioneel.
In die privaatvervolgingseenheid se vertoë aan die NVG stel die eenheid dit duidelik dat ’n “lening” in dié omstandighede eksplisiet as ’n vorm van beloning gedefinieer word wat voldoen aan die kriteria vir ’n klagte van korrupsie onder die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite 12 van 2004 (PRECCA).
Volgens adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, is die eenheid se vertoë gebaseer op die NVG se gebrek aan begrip van die elemente van korrupsie, “wat lei tot die gevolgtrekking dat die besluitnemer te doen gehad het met óf selektiewe vervolging óf volslae onbevoegdheid deur die NVG en/of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om die beweerde misdaad te ondersoek. Die aspekte van die ondersoek wat nie ondersoek is nie is opvallend en enige toegewyde en bekwame ondersoeker of aanklaer kan nie die betekenisvolheid daarvan oor die hoof sien nie.”
Barry Bateman, woordvoerder van die privaatvervolgingseenheid, sê Mbalula het boonop eers die “lening” terugbetaal nadat die media vrae begin vra het oor die reis en die finansiering daarvan.
Mbalula het op dieselfde dag wat die eenheid sy skrywe aan die NVG gerig het in ’n toespraak by Luthuli-huis gesê: “Enige lid wat korrupsie pleeg, staan alleen, buite die tradisies, waardes en dissipline van die ANC.”
“As die staat sy werk doen en Mbalula sonder vrees of vooroordeel vervolg, kan Mbalula homself bevind waar hy alleen hof toe moet stap,” sluit Bateman af.
Mbalula_FOTO 1: AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ’n dossier oor die misdrywe van Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, saamgestel. Korrupsieklagtes hang onder meer oor sy kop oor ’n peperduur vakansie wat hy nie self voor betaal het nie.