Malema: Die net span al hoe stywer

Deur Ilze Nieuwoudt │Foto’s: Reint Dykema en Marthinus Koekemoer

Dekfoto: Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die bekendstelling van die Malema-dossier in September 2025.

Die net span al hoe stywer om Julius Malema, die man met die kenmerkende rooi baret wat jare lank al sonder weifeling opruiende en haatdraende uitsprake uitblaker en oproepe tot geweld maak met onder meer die “Kill the Boer”-dreunsang. AfriForum het nie net in 2025 aangekondig dat hy sy veldtog teen dié dreunsang en die instel van persoonlike sanksies teen die EFF-leier internasionaal gaan voer nie, Malema het ook sy pak dubbel en dwars in die hof gekry.  

Malema-dossier eis internasionale optrede

Met die wettiging van die “Kill the Boer”-dreunsang in die Konstitusionele Hof op 27 Maart 2025 het die byna ondenkbare gebeur en het die hof goedkeuring gegee vir die gebruik van slagspreuke wat vra vir die moord op ’n deel van die gemeenskap. Op die dag van die uitspraak het AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, dit duidelik gestel: “Ons sal ons nie daarby berus nie. Ons sal dit aanhou beveg – ook internasionaal.” 

Julius Malema en sy medebeskuldigde Adriaan Snyman in Oktober 2025 tydens die hofuitspraak in die saak waar hulle aangekla is van oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Malema is skuldig bevind op vyf aanklagtes teen hom.

Malema het nie op hom laat wag om die uitspraak te verwelkom nie en het in die tyd daarna met trots verklaar dat die Konstitusionele Hof hiermee bevestig het dat “Kill the Boer, kill the farmer” deel van hom en sy volgelinge se erfenis is wat van die struggle-tyd geërf is. Hy meen boonop dat die dreunsang se bedoeling nie letterlik opgeneem moet word nie, maar eerder ’n oproep tot moord op die “stelsel” is. 

Die uitspraak en Malema se deurlopende ekstremistiese uitsprake het egter nie net plaaslik rimpeling veroorsaak nie, maar is ook vanuit die buiteland dopgehou. Tydens pres. Cyril Ramaphosa en sy afvaardiging se besoek aan die Withuis op 21 Mei 2025 het die Amerikaanse president Donald Trump beeldmateriaal vertoon waartydens Malema “Kill the Boer” dreunsang. Trump het die moord op boere veroordeel, Ramaphosa daaroor gekonfronteer en onder meer daarop gewys dat “amptenare” in Suid-Afrika vra vir die moord op boere. In Junie 2025 het die Britse owerhede op hul beurt Malema ’n visum geweier op grond van sy openlike steun aan die terreurorganisasie Hamas, oproepe vir die “slagting van wit mense” en dreigemente om, wanneer die tyd daarvoor ryp is, die wapen op te neem.

In Julie 2025 het die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid sy 2024-verslag oor menseregtepraktyke in Suid-Afrika bekendgestel. Daarin is pertinent vermeld dat die “ekstremistiese politieke party”, die EFF, geweld en aanvalle op Afrikaner-boere aanmoedig met die gebruik van die “Kill the Boer”-dreunsang by politieke byeenkomste.

Malema is in Junie 2025 ’n Britse visum geweier. 

AfriForum het sy internasionale veldtog teen die “Kill the Boer”-dreunsang in September in samewerking met die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) afgeskop met die bekendstelling van die Malema-dossier. Die doel van dié gedetailleerde klagstaat is om lande wêreldwyd amptelik te versoek om geteikende sanksies teen Malema in te stel. Dit gee ’n omvattende uiteensetting van onder meer Malema se haatspraak, sy aanhitsing tot geweld, die ernstige bewerings van korrupsie teen hom en voorbeelde van sy uitsprake ter ondersteuning van terreurorganisasies en terreurdade. Die dossier bevat ook ’n omvattende verslag van adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, en sy span rakende die bewerings van korrupsie teen Malema.

Werner Human, lid van AfriForum se direksie, het die Malema-dossier op 24 September aan senior amptenare van die Withuis in die VSA oorhandig. In ’n video-opname voor die Withuis het Human verklaar: “Die Malema-dossier is by die Withuis ingedien – die magtigste kantoor van die magtigste land in die wêreld.”

In die inleidende brief van die Malema-dossier benadruk Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en dr. Theo de Jager, uitvoerende direkteur van Saai, dat Malema telkens vervolging in Suid-Afrika vrygespring het vir sy optrede en dat internasionale ingryping nou die enigste oorblywende kanaal is om teen dié politieke leier op te tree. Verskeie meganismes is hiervoor beskikbaar, insluitend die instelling van persoonlike sanksies deur die Amerikaanse Magnitsky-wetgewing, openbare veroordeling van Malema se optrede of diplomatieke druk op die Suid-Afrikaanse regering om teen Malema op te tree.

Werner Human, lid van AfriForum se direksie, het in September 2025 die Withuis in die VSA besoek om met amptenare van die Trump-administrasie te vergader. Hy het tydens die besoek die Malema-dossier aan dié amptenare oorhandig. Hierdie omvattende dossier bied die grondslag vir internasionale optrede, soos geteikende sanksies, teen die EFF-leier, Julius Malema, deur sy geskiedenis van aanhitsing tot geweld, beweerde betrokkenheid by korrupsie en sy steun vir terreurgroepe uiteen te sit. 

AfriForum sit intussen die internasionale veldtog voort en het reeds die dossier aan verskeie ander rolspelers in ander lande gegee om druk vanuit ander wêrelddele ook aan te vra.

Haatspraak uiteindelik veroordeel

’n Voorval in 2022 by ’n saamtrek in die Wes-Kaap het Malema uiteindelik in Augustus 2025 ingehaal nadat die Gelykheidshof in Kaapstad bevind het dat die EFF-leier hom skuldig gemaak het aan haatspraak.

Die skuldigbevinding volg onder meer na aanleiding van ’n stortvloed klagtes wat AfriForum en sy lede in 2022 by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien het oor die uitlatings wat Malema gemaak het. Hy het tydens die saamtrek gesê: “Julle [EFF-ondersteuners] moet nooit bang wees om dood te maak nie” en “dat ’n revolusie vereis dat daar op ’n stadium doodgemaak moet word, want om dood te maak is deel van ’n revolusionêre daad”.

Toe die saak teen 2023 nog sloer en geen terugvoer ontvang is nie, het AfriForum ’n klagte by die SAMRK ingedien en terugvoer oor die vordering geëis.

In sy uitspraak in dié saak het regter Mark Sher verklaar dat die uitsprake wat Malema in 2022 gemaak het neerkom op haatspraak en strydig is met die Gelykheidswet.

Vyf maal skuldig!

Ná ’n uitgerekte uitspraak wat meer as twee dae geneem het om gelewer te word, is Malema vir ’n tweede keer in een maand in die hof skuldig bevind aan ’n wandaad. Hierdie keer is Malema op 30 September in die Landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op vyf aanklagtes wat verband hou met oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens.

Spotprent: Malema sal moontlik binnekort sy rooi-oorpak vir ’n oranje een moet verruil. 

Dié saak het sedert 2018 gesloer en spruit uit ’n voorval wat in Augustus daardie jaar by die EFF se vyfde verjaarsdagviering by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane buite Oos-Londen plaasgevind het. Malema het by dié byeenkoms verskeie skote in die lug afgevuur met ’n vuurwapen.

Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, het Malema se skuldigbevinding beskryf as ’n reuseoorwinning in AfriForum se stryd om te verseker dat niemand verhewe is bo die reg nie. “Geregtigheid het nou uiteindelik – ten spyte van jare se vertragings en onreëlmatighede in dié saak – geskied. Die getuienis het oorweldigend bewys dat Malema verskeie ernstige oortredings ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens begaan het, en die uitspraak bevestig dat diegene wat dink dat hulle onaantasbaar is, uiteindelik verantwoording sal moet doen, al vat dit ook hoe lank,” het Broodryk oomblikke ná die uitspraak verklaar.

Malema het ná die uitspraak bevestig dat hy teen die bevinding sal appelleer.

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Malema_Foto 1