Ons is gemeenskapsbouers!

Deur Kallie Kriel – uitvoerende hoof van AfriForum │Foto’s: Ilze Nieuwoudt en verskaf

Ons wil, ons kan, ons doen dit reeds en ons gaan op ’n nóg groter skaal ’n beter hede en toekoms bou. ’n Hede en toekoms waarin ons gesinne, gemeenskappe en nageslag blywend vry, veilig en voorspoedig kan leef hier aan die suidpunt van Afrika.

Die reeks suksesse wat AfriForum en die ander instellings van die Solidariteit Beweging reeds behaal het om ’n beter hede en toekoms te bou, wys dat dié organisasies se toekomsbouplanne in die praktyk haalbaar is. Die suksesse is geskoei op ’n ons-sal-self-benadering waarin ons met die genade, krag en leiding wat ons van Bo ontvang, self die toekoms bou wat ons vir ons kinders en gemeenskappe wil hê.

Ons geheime wapen is dat elkeen van ons hande, ’n verstand en roeping ontvang het waarmee ons op elke lewensterrein beheer oor ons gemeenskappe se toekoms kan neem, ongeag die mislukkende en korrupte regering se wanbestuur. Binne die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum trots deel is, is daar ook reeds met groot sukses hard aan die toekoms gebou. Goed funksionerende en sterk instellings soos Akademia, Sol-Tech, Maroela Media, die Solidariteit Helpende Hand Studietrust, werksnetwerke, erfenisprojekte en vele meer is reeds tot stand gebring. ’n Netwerk van onafhanklike skole is ook reeds in wording en vele ander selfdoeninisiatiewe gaan nog volg.

Sterk selfstandige gemeenskappe as teenvoeter vir staatsverval

’n Wesenlike deel van AfriForum se toekomsbouinisiatiewe is daarop gerig om sterk selfstandige plaaslike gemeenskappe te bou. Dit is omdat sterk selfstandige gemeenskappe die beste teenvoeter is vir die groeiende staatsverval wat ons op vele terreine in die land sien. Ons plaaslike gemeenskappe is plekke waarbinne ons, ons gesinne en families leef. Dit is dus ook die plek waar ons die toekoms vir ons gesinne en nageslag ten beste kan bou. Juis daarom is die beste toekomsplan om gemeenskapsbouers te wees. Dit is om dié rede dat “Ons is gemeenskapsbouers!” AfriForum se jaartema vir 2026 is.

Gemeenskapsbou in aksie! AfriForum se Groter Moot-buurtspan besig met die opvul van slaggate in die straat voor Hoërskool Oos-Moot. Projekte soos dié vorm deel van AfriForum se fokus op die versterking van skole.

Ankergemeenskappe

Wanneer ons sterk selfstandige gemeenskappe bou, weet ons ook dat die demografiese werklikhede ’n bepalende rol speel in die mate waartoe selfstandige gemeenskappe gebou kan word. Waar min Afrikaners woon, is dit moeiliker om op ’n ekonomie van skaal groter gemeenskapsinisiatiewe aan te pak. Op plekke waar daar ’n groter konsentrasie Afrikaners woon, kan selfstandigheidsprojekte met groter sukses aangepak word. Gemeenskappe met groter getalle Afrikaners dien in baie gevalle reeds as ankergemeenskappe waar daar sterk skole en ander gemeenskapsinstellings is wat tot die beskikking van omliggende gemeenskappe kan wees. Hierdie ankergemeenskappe moet uitgebou word tot georganiseerde gemeenskappe wat suksesvol as nie-amptelike vierde regeringsfeer kan funksioneer.

Hoe bou ons selfstandige gemeenskappe?

AfriForum en die Solidariteit Beweging besef deeglik dat ons nie op ons eie gemeenskappe kan bou nie. Daar is talle ander kernrolspelers wat reeds ’n reuserol in die versterking van ons gemeenskappe speel. Dit sluit skole, kerke, plaaslike ondernemings, sekuriteitsmaatskappye en ander gemeenskapsorganisasies in. AfriForum se gemeenskapsbouplan bestaan gevolglik uit drie bene, naamlik om AfriForum se selfdoeninisiatiewe in plaaslike gemeenskappe te versterk en uit te brei; op ’n gekoördineerde wyse op ’n gelyke voet met ander gemeenskapsinstellings saam te werk; en dan, as dit kan, samewerkingsooreenkomste met die owerhede te sluit. Ooreenkomste met munisipaliteite en instellings soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kan baie help, maar ons selfstandigheidsprojekte moet nooit afhanklik wees daarvan nie.

Versterking en uitbreiding van AfriForum se werk op plaaslike vlak

AfriForum se 177 buurtwagte, 163 takke en meer as 10 000 plaaslike vrywilligers doen reeds reusegemeenskapsbouwerk deur met groeiende selfstandigheid te help omsien na ons gemeenskappe se veiligheid, ons gemeenskappe op te knap en infrastruktuur te herstel. Hierdie aktiwiteite word tans op vele terreine uitgebrei en versterk, soos byvoorbeeld met die skep van veiligheidsteunkringe waarbinne AfriForum se buurtwagte in streke kan saamwerk.

Talle loodsprojekte word ook tans uitgevoer om AfriForum se vermoë om selfstandige gemeenskappe deur volhoubare selfdoenprojekte te help bou, uit te brei. Dit sluit in takke wat buurtspanne vanuit ons gemeenskappe aanstel om op ’n voltydse basis paaie te herstel, ons gemeenskappe skoon te maak en ander instandhoudingswerk te doen.

Al kan ’n mens argumenteer dat dit die munisipaliteit se werk is, is die werklikheid dat die meeste munisipaliteite nie die werk doen nie. Ons gesinne en gemeenskappe verdien nie om in haglike omstandighede te bly nie en daarom spring ons ter wille van ons kinders self in om iets daaraan te doen.

Ander loodsprojekte wat tans reeds beproef word, is die uitbou van AfriForum se vullisverwyderingsvermoë en AfriForum se herwinningsprojekte wat ons beoog om op ’n groot skaal aan te pak.

Gekoördineerde samewerking met ander rolspelers in ons gemeenskappe

Verskeie AfriForum-takke doen reeds groot werk om skole te ondersteun deur onder meer paaie om skole te herstel, voetoorgange te verf en veiligheidsoudits by skole te doen. Ook ander gemeenskapsinstellings word op soortgelyke maniere ondersteun.

Waar Afrikanergetalle dit werkbaar maak, kan hierdie samewerking uitgebrei word om gemeenskapsforums op verskeie terreine tot stand te bring. As deel van dié forums kan gemeenskapsinstellings op gelyke voet inisiatiewe in die gemeenskap koördineer sonder om hul onafhanklikheid te verloor. AfriForum se rol hierin is om te help om dié forums tot stand te bring en ondersteuning te bied.

’n Gemeenskapsforum word reeds as loodsprojek in Centurion getoets waar ’n skoleforum, maatskaplike forum en sakeforum reeds gevestig is. ’n Veiligheidsforum volg ook binnekort. Die skoleforum wat deur die nege Afrikaanse skole in Centurion bestuur en beheer word, bespreek en voer samewerkingsplanne oor sake van gemeenskaplike belang uit. Dié skole het byvoorbeeld reeds ’n gesamentlike gemeenskapsfees aangebied.

Fokus om skole te versterk

Afrikaanse skole speel ’n sleutelrol in Afrikaanse gemeenskappe. Indien ons doeltreffend as gemeenskapsbouers wil optree, moet gemeenskappe saamwerk om ons skole te help versterk. Om hierdie rede het AfriForum ook besluit om in 2026 (en daarna) te werk aan projekte waardeur elke AfriForum-afdeling ’n ondersteuningsrol saam met die res van die gemeenskap tot voordeel van ons skole kan speel.

’n Span drawwertjies van Laerskool Wierdapark wat in Oktober ’n padwedloop kafgedraf het by die Centurion Gemeenskapsforum se eerste fees by die Voortrekkermonument.

Waghond én gemeenskapsbouers

AfriForum sal steeds voortgaan om as waghond te veg vir geregtigheid en teen onreg en agteruitgang. Ons moet egter meer van ons tyd, energie en hulpbronne daaraan toewy om doeltreffende gemeenskapsbouers te wees. Elkeen van ons het as gemeenskapsbouers ’n rol om te speel. Jy kan dit deur AfriForum, jou kinders se skool, jou kerk of ander gemeenskapsinstellings doen. Ek nooi jou – kom bou saam!

Ons-sal-self
Studiefondstrust
Teater-ad
Kallie-rubriek_Foto 1